Share

Vra die apteker

V: Erg pyn

Ek is 39, vroulik en ek het MS. Ek is al op ses Syndols, en vier Valiums gelyk, maar helaas, geen pyn verligting. MS is aaklig.  Is daar iets anders wat jy kan voorstel of my pyn te stil?

A: Daar is heelwat meer gespesialiseerde pynverligters beskikbaar en ek stel voor jy gesels met jou dokter oor iets wat 'n voorskrif verlang. Sterkte!

V: Vicks in die neus

Ek is vroulik en "purr" (vrouens snork mos nie). Ek het probeer uitvind waarom en agter gekom dat my neus tog nie heeltemal oop is nie al kan ek daar deur asem haal. Ek het toe Vicks met 'n oorpluisie in my neus begin sit voordat ek gaan slaap en dan "purr" ek nie!

Nou wil ek net hoor of die Vicks nadelig sal wees as ek dit elke aand in my neus sit? Kan dit my neus vliese uit droog?

Dit werk nie goed as ek dit net voor my neus smeer nie. Ek gebruik wel sinus medikasie maar dit maak nie my neus goed oop nie. Ek het ook die inspuiting (ken nie die naam nie) gekry wat veronderstel is om ses weke in jou liggaam te bly en jou neus oop te hou, maar dit werk nie vir my nie.

Verder spuit ek ook af en toe my neus en die spuite wat jy net eenmaal 'n dag gebruik werk ook nie? Ek drink ook die Sinutab Allergy - wat al is wat goed werk. Ek het ook al probeer om daagliks Allergex te drink.

A: Noenoe, jammer om jou bubble te bars, maar vroue snork! Neem my skoonma as 'n voorbeeld. Rakende die Vicks binne die neus - ek sal dit geensins aanbeveel nie. Nie net kan dit permanente skade aan die slymvliese binne die neus aanrig nie, maar die petroleum jellie daarbinne kan volgens sekere dokters ook 'n tipe longontsteking veroorsaak met chroniese gebruik.

V:  Medikasie en gewigsverlies

Ek gebruik Cozaar en 'n betablokker vir my mitraalklep inkompetensie en sukkel regtig om gewig te verloor. Kan die betablokker deel van my sukkelstryd wees? Voel vir my my metabolisme het totaal tot stilstand gekom. Ek is nie insulienweerstandig nie. Dankie vir jou inset. 

A: Sommige betablokkers kan wel gewigsprobleme tot gevolg he, waarskynlik omdat dit die metabolisme mag verstadig. As jy skielik en vinnig gewig begin optel moet jy egter met jou dokter gesels.

V:  Sinspyn spesifiek

My ma drink sinkspyn spesifiek vandat ek my verstand gekry het. Ek word nou 40. Ons kinders is baie bekommerd oor haar, want sy drink amper 'n bottel 'n dag.

Ons wil net weet wat is die nadele om so baie te drink en wat daarin is wat haar verslaaf kan maak, want verslaaf is sy beslis en dit is oorals beskikbaar. Sy raak heel opgetrek wanneer ons haar daaroor aanvat.

A: As ons aan dieselfde produk dink (Specific Nerve Pain Remedy) is dit waarskynlik, nes in in die geval van grandpa, die kaffeien daarin wat hoofsaaklik die trekpleister is. Dit bevat verder ook alkohol.

Die gevaar met hierdie produk is dat sy 'n oordosis aspirien sal neem wat onder meer bloeding, maagulkusse en orgaanskade en selfs dood kan veroorsaak.

V: Yasmin en cholesterol

Ek gebruik Yasmin nou vir twee-en-'n-half maande en sedertien is ek naar elke tweede week op die kaartjie. Sal dit verbeter? My dokter het 'n algemene checkup gedoen en nou het ek hoë cholesterol - iets wat ek nooit gehad het nie - kan Yasmin dit veroorsaak?

A: Die naarheid is relatief algemeen en meeste vroue oorkom dit binne 'n maand of twee. Navorsing het gevind dat orale voorbehoedmiddels verbind kan word met 'n effense verhoging in totale cholesterol-vlakke, veral in vroue tussen die ouderdom van 14 en 24. Enige veranderinge in cholesterol wat waargeneem is, steek egter net kop uit tydens die eerste drie maande van terapie met die voorbehoedmiddel en geen verdere veranderinge in cholesterol na die eerste drie maande is waargeneem in pasiente nie.

V: Behandeling vir hare

Ek is 'n 30-jarige vrou en my hare is vreeslik dun en val baie uit. Ek het die Vibro-reeks probeer maar my hare het nog meer uitgeval, ek het ook al Alkod prober, maar dit werk nie vir my nie. Wat kan ek probeer waar ek resultate sal sien? Ek's al redelik desperaat.

A: Jy kan Regaine vir vroue oorweeg, maar jy sal dalk baat daaruit vind om eers met jou dokter te gesels. Verskeie onderliggende oorsake mag ook tot dun hare of haarverlies lei.

Het jy meer inligting nodig?

Vrae die Apteker.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE