Share

Vind jou blootstellingsbalans

Veilige en beperkte blootstelling aan die son hou wel ontsaglike voordele in vir jou gesondheid. UVB is die sneller vir 'n kettingreaksie wat jou liggaam help met die vervaardiging van vitamien D, wat beengesondheid bevorder en osteoporose help voorkom.

Sonskyn help ook om 'n donker gemoedstoestand en die simptome van seisoenale gemoedsteuring te verlig. Die geheim is om te sorg dat jy nie in die son bak en dan verbrou nie, maar eerder ’n gesonde balans vind.

Volgens die gerespekteerde Harvard Health Letter is die "geheim van sonblootstelling om ’n middeweg te vind – moenie ’n sonaanbidder wees nie, maar moet ook nie ’n sonfobie ontwikkel nie". Dié middeweg word bepaal deur jou vel se kleur en reaksie op son.

Bleek velle

Vyf minute se sontyd voor 11:00 is ’n gesonde maksimum vir tipe 1-velle (brand altyd, sonbruin nooit, dikwels vergesel van bleek gelaatskleur, rooi hare en sproete) en tipe 2-velle (brand maklik, sonbruin minimaal, met ligte velle en blou, groen of grys oë).

Donker velle

Aan die ander kant van die spektrum is tipe 5- (bruin vel wat selde brand en goed tot donker verbruin) en tipe 6-velle (die minste sensitief, baie pigment, brand omtrent nooit), wat moontlik tot 20 minute sonblootstelling sal kan hanteer.

Die tussenin-soorte vel

Moet hul sonblootstelling binne dié twee uiterstes van die spektrum hou. Al die tye hierbo neem ook in ag hoeveel tyd jy nodig het om genoeg vitamien D te absorbeer om daaruit voordeel te trek.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE