Share

Vetsug 'n oorsaak van vroeë dood by vroue

'n Nuwe studie het bevind dat vetsug 'n groot risikofaktor vir sterfte by oorgewig vroue is wat nie rook nie, veral vroue in die lae-inkomste groep. Die studie het meer as 3,600 Skotse vroue van 45 tot 64 ingesluit wat nooit gerook het nie, en wat vir 28 jaar dopgehou is. Gedurende daardie tyd het die helfte van die vroue gesterf, 916 (51%) aan kardiovaskulêre siekte en 487 (27%) aan kanker.

Navorsers het gevind dat lae-inkomste vroue meer geneig was om ernstig oorgewig te wees as vroue van 'n hoër inkomstegroep.

Volgens die studie wat aanlyn in die British Medical Journal  gepubliseer is, het diegene wat ernstig oorgewig was die hoogste sterftesyfer getoon, terwyl nie-roker vroue wat nie vetsugtig was nie, die laagste sterftesyfer getoon het, ongeag hulle sosio-ekonomiese status.

Alhoewel vroue met lae-inkomste werke 'n hoër kans gehad het om aan kardiovaskulêre siekte te sterf as dié met meer lonende betrekkings, was dieselfde nie van toepassing op kanker nie.

Nie-rokers meer oorgewig

Navorsers het ook gevind dat vroue wat nooit gerook het nie 'n groter kans gehad het om oorgewig of vetsugtig te wees as dié wat rook. Dit dui aan dat 'n hoër rook-syfer 'n paar dekades gelede moontlik die omvang van vetsugtigheid by nie-roker vroue verberg het, en dat die verminderde aantal rokers van die afgelope paar jaar moontlik tot die verhoging van oorgewig en vetsugtigheid bygedra het, sê die navorsers in 'n joernaal-nuusvrystelling.

Professor Johan Mackenbach van die Erasmus Mediese Sentrum in Rotterdam in die Nederlande sê in 'n meegaande brief: "Ten spyte van die risiko's van vetsugtigheid is dit belangrik om in gedagte te hou dat rook 'n baie sterker risikofaktor (vir sterfte) is as die meeste ander faktore, insluitende vetsugtigheid."


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE