Share

Veiligheid voor oë

Die jongste laserbehandelings veroorsaak minder pyn en jy hoef minder tyd by die werk af te neem. Daar is ook minder hipopigmentasie (wanneer die vel wit word) en hiperpigmentasie (oneweredige donker pigmentasie) as met die drastieser ouer behandelings.

"Die eerste laser, die drastiese CO2, is in die meeste gevalle vervang deur die erbium-laser, wat minder newe-effekte het en waarmee mense se vel gouer gesond word," verduidelik die plastiese chirurg dr. Hilmar Lückhoff van die Panorama Plastic Surgery Clinic.

"Daar is egter tans baie opwinding oor die sagter fraksionele laser.

"Dis die gewildste onder veertigplussers wat oor die algemeen met minder drastiese terapie wil wegspring," sê die dermatoloog dr. Ean Smit van die Cape Town Cosmetic Dermatology Centre.

Dié laser is sagter omdat dit net klein dele van die vel behandel en die omringende dele onversteurd laat sodat dit vinniger gesond kan word. Die nadeel is dat jy wel 'n paar sessies nodig het, maar gelukkig is dit nie so duur nie.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE