Share

Tekens dat jy 'n blaaskans nodig het

Daar is tye van die jaar wanneer jou werk alles oorheers. Daar is sperdatums, projekte, aanbiedings en begrotingsvergaderings op die horison, en jy vind dat jy meer en meer tyd op kantoor deurbring om alles betyds te probeer afhandel.

Maar moenie vergeet nie, daar's 'n wêreld daarbuite met vriende, troeteldiere, jou huis, strande, winkels en die gym.

So, wat is die tekens dat jy ’n blaaskansie nodig het? 

  • Elke keer wanneer jy weer 'n slaggie na jou kinders kyk, lyk dit asof hulle gegroei het.
  • Jy het drie weke laas enigiets behalwe kantien- en wegneemkos geëet. 
  • Jy kom gereeld net na die laataand nuusbulletin by die huis. 
  • Vriende nooi jou uit vir 'n braai, maar jy kan nie gaan nie want jy is by die kantoor – en dit is Sondag.
  • Iemand het vir Kersfees vir jou 'n R150-geskenkbewys gegee en jy het dit nou nog nie uitgegee nie. 
  • Jy en jou huishulp kommunikeer deur middel van notas op die kombuistafel.
  • Wanneer jy by die huis is, maal die agenda vir môre se vergadering in jou kop.
  • Die sensusopnemers het tou opgegooi en aangeneem niemand woon by jou adres nie.
  • Jy besef dat jy meer tyd saam met jou assistent as jou lewensmaat deurbring.
  • As jou vrou sou aankondig dat sy swanger is, sou jy seker wees dat jy onmoontlik die pa kon wees. 
  • Jy voel ongemaklik as jy nie jou formele werksklere aan het nie.
  • Jy beskou naweke as 'n rustige en produktiewe tydjie by die kantoor.  
  • Jou hond begin saans vir jou blaf wanneer jy by die huis kom.
  • Jou kleuter het geleer om 'Wagter' te sê voor sy geleer het om 'Pappa' te sê.
  • Jy gee nooit vir iemand jou huisnommer nie omdat daar min kans is dat hulle jou daar sal kry.
  • Jy ken die pizza-afleweringsman se naam.
  • Jou oplossing vir uitputting is om 'n matras vir jou kantoorvloer te kry om pendeltyd uit te skakel. 

(Susan Erasmus, Health24)

Kliek hier om jou stres te assesseer

Oorkom stres-etery

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE