Suikersiekte
Insulienweerstandigheid en tipe 2-diabetes: die risikofaktore
- Behalwe vir leefstylfaktore, speel familiegeskiedenis ook ’n rol As jy ’n ouer, broer of suster met tipe 2-diabetes het, loop jy ’n groter gevaar om die siekte op te doen.
- Hoe ouer jy is, hoe groter is die gevaar wat jy loop. Ál meer kinders kry egter deesdae tipe 2-diabetes weens swak eetgewoontes en gebrek aan oefening.
- Vroue wat swangerskap-diabetes gehad het of ’n baba wat meer as 4 kg weeg, loop ’n groter gevaar; asook mense wat by geboorte minder as 2,5 kg geweeg het.
Bonuswenke
- As jy reeds tipe 2-diabetes het, is die hoeveelheid en soort koolhidrate wat jy inneem, baie belangrik. Gesels met ’n dieetkundige daaroor.
- Rook verhoog die gevaar dat jy komplikasies weens diabetes opdoen.
(Huisgenootbrokkies)