Share

Studie oor verband tussen outisme en entstof 'n bedrogspul

Volgens 'n nuwe verslag oor die kontroversiële studie wat 'n kinder-entstof aan outisme koppel, is dié navorsing op "gedokterde" inligting oor die betrokke kinders gebaseer.

Die gevolgtrekkings van die 1998 navorsingskrif deur Andrew Wakefield en kollegas is deur 10 van sy 13 skrywers veroordeel en later deur die mediese joernaal Lancet, wat dit gepubliseer het, onttrek.

Die vermoede dat die MMR-inspuiting aan outisme gekoppel kan word, het ouers dwarsoor die wêreld onrustig gemaak en die immuniseringsyfers vir masels, pampoentjies en rubella het nog nooit heeltemal herstel nie.

'n Nuwe ondersoek het bevind dat wanneer die diagnoses in die navorsingskrif met die hospitaalrekords vergelyk word, dit blyk dat Wakefield en sy kollegas in hul studie feite oor pasiënte verander het.

Die analise deur Britse joernalis Brian Deer het gevind dat ten spyte van die stelling dat die 12 kinders in die studie normaal was vóór hulle die MMR-inspuiting ontvang het, hulle vooraf-gedokumenteerde ontwikkelingsprobleme gehad het. 

Ondersteuning deur beroemdes

Deer het ook gevind dat inligting in al hierdie gevalle verdraai is, toe hy die data van die mediese rekords met inligting van die kinders se ouers vergelyk het.

Wakefield kon nie vir kommentaar bereik word nie ten spyte van herhaalde oproepe en versoeke aan die uitgewer van sy nuutste boek, wat beweer dat daar 'n verband tussen entstof en outisme bestaan en dat dit deur die mediese gemeenskap geïgnoreer word.

Wakefield woon tans in die VSA waar hy baie uitgesproke aanhangers het, soos byvoorbeeld Jenny Mc Carthy.

Deer se artikel is deur die Sunday Times of London en die Britse Channel 4 televisie netwerk gefinansier. Dit is in die mediese joernaal BMJ gepubliseer.

In 'n meegaande redaksionele brief noem die redaktrise van BMJ, Fiona Godlee en haar kollegas Wakfield se studie " 'n uitgebreide kullery". Hulle het bygevoeg dat Wakefield se werk in ander joernale ondersoek moet word om vas te stel of dit ook teruggetrek moet word.

In Brittanje is Wakefield gestroop van sy reg om medisyne te praktiseer. Talle ander studies het geen verbinding tussen MMR-inenting en outisme gevind nie.

Sedert Wakefield se navorsingskrif gepubliseer is, het gevalle van Masels toegeneem en is daar ook sporadiese uitbrekings in Europa en die VSA. In 2008 is Masels in Engeland en Wallis as endemies verklaar. - (Sapa, Januarie 2011)

Lees verder:

Outisme-deskundige

Outisme

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE