Share

Stralend mooi

Laserterapie word beskou as 'n deurbraakbehandeling vir skoonheidsprobleme. Maar kan dit regtig moeilike haartjies, knaende sonkolle, rooi vel en plooie regsien? Ja – maar jy moet ook aan die newe-effekte dink voor jy dit laat doen...

Deur SUZANNE KOTZé

Dekades lank al soek vroue (en mans) maniere om hulle mooier te maak as wat hulle is. Vir sommige mense is plastiese chirurgie die oplossing, maar ander wil die mes vermy en kies eerder behandelings soos Botox, vullers en deesdae ook laserterapie.

Dié prosedures is meestal aansienlik goedkoper en minder ingrypend as chirurgie, hoewel sommige daarvan, soos laserbehandelings wat dieper vellae blootlê, steeds uiters pynlik is en eers ná 'n hele ruk herstel.

Laserterapie het omtrent 'n beroering in die skoonheidswêreld veroorsaak. Dit word gebruik om fyn lyntjies en plooie uit te stryk, bruin kolle weg te vee en selfs ongewenste haartjies te verwyder. Ook op die gebied van oppervlakhernuwing – waar ou lae vel verwyder word sodat nuwe lae, wat jonger lyk, kan vorm – het laser groot vooruitgang gebring. Maar hoe werk dié kragtige strale, en is dit regtig veilig? Dalk is dit tyd om ’n skoonheidsbehandeling wat soveel voordele het, onder die vergrootglas te plaas.

Hoe dit werk

'n Lasermasjien skei ligstrale – 'n bron van hitte – met wisselende golflengtes af om verskillende behandelings toe te dien. Dit beteken dat die ligstraal sy teiken (selle in die vel) teen die korrekte golflengte moet bereik, ongeag of dit is om 'n aar te laat krimp of vel of haarfollikels te verwyder.

Daar is twee soorte laser: ablatief en nieablatief. In die verlede het lasers van vlekke, merke en plooie ontslae geraak deur die boonste lagie vel te verwyder. Dit is die ablatiewe lasers, wat erbium- en CO2-lasers insluit.

Deesdae is daar ook nie-ablatiewe lasers, wat van nuwer tegnologie gebruik maak en weefsel onder die veloppervlak (met ander woorde in die epidermis) verwyder om plooie te verminder en die vel se kleur en tekstuur te verbeter. Dit rig minder skade aan die veloppervlak aan as ablatiewe lasers.

Laserbehandeling word gewoonlik in 'n kliniek of 'n dokter se spreekkamer uitgevoer, hoewel diep oppervlakhernuwing narkose en 'n steriele omgewing soos 'n operasiesaal vereis. Af en toe sal 'n pasiënt in die kliniek moet oornag.

Die vier gewildste laserbehandelings op die mark

Veiligheid voor oë

Kyk voor jy laser

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE