Share

Sonskade

Die berugte UVB-strale bestraal die buitenste laag van die vel en veroorsaak sonbrand. (Onthou: B staan vir brand.) Hul UVAeweknieë dring weer deur die vel se lae en veroorsaak skade wat lei tot plooie, vlekke en verslapping. (Onthou: A staan vir agteruitgang.)

Saam kan dié strale yslike velskade aanrig. Verbeel jou dat jou vel soos ’n tent is. Die kollageen en elastienvesels is die onderliggende ondersteuningstrukture. As hulle beskadig word en mettertyd verswak weens langdurige sonskade, sal die hele “tent” begin wankel en uiteindelik inmekaarsak en diep plooie veroorsaak.

Benewens die feit dat die son jou vel kan uitdroog, kan UVA- en UVB-strale ook DNS-afwykings binne die vel se selle veroorsaak, wat kan lei tot verskillende soorte velkanker. Slegte nuus, dus. Dis hoekom dit so belangrik is om ’n sonskerm met UVA- en UVBbeskerming te gebruik.

Die spektrum van sonskade

Nuusflits: Ongeag jou natuurlike velkleur, kan (en sal) die son nog steeds skade aanrig. Só werk dit . . .

Ligte velle Sommige mense dink ’n donkerder vel is meer bestand teen sonskade. Dis nie waar nie. Dis eerder die geval dat mense met ligter velle dikwels gewaarsku word om uit die son te kom – deur ’n brandende sensasie wat veroorsaak word deur die verbruining van die pigment melanien in die velhuid.

Die ironie is dus dat ’n ligte, sonsensitiewe vel ’n mens inderwaarheid beskerm teen oormatige blootstelling en UV-skade. Nogtans is dit ’n feit dat iemand met ’n ligte vel baie minder tyd veilig in die son kan deurbring. (Sien “Vind jou blootstellingsbalans”.)

Medium velle Mense met olyfkleurige en donkerder velle wat nie die UVB-strale onmiddellik aan hul vel voel of die uitwerking daarvan sien nie, bestee dikwels meer tyd in die son. Die gevolg is dat hulle blootgestel word aan meer UVA-strale wat die vel dieper binnedring, veroudering veroorsaak en die vel op ’n sellulêre vlak affekteer.

Donker velle Navorsing het gewys dat ál meer mense met donker of swart velle met melanoom gediagnoseer word. Die probleem is dat vroeë waarskuwingstekens soos ’n misvormde moesie of sonskade dikwels nie so duidelik op ’n donker vel wys nie.

Boonop kom melanoom meer dikwels by mense met donker velle voor op areas wat nie so gereeld blootgestel word nie, soos die binnekant van die mond, die binnekant van die neus en tussen die tone.

Dit kan dalk aangebore wees en dis ook nie duidelik waarom dit juis die onblootgestelde dele is wat geraak word nie – die probleem is egter dat dit dikwels eers opgespoor word wanneer dit te laat is. Dra dus steeds sonskerm en hou ’n ogie oor moesies.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE