Share

Skrikwekkende sonfeite

  • Die Kaapse dermatoloog Dr Dagmar Whitaker sê jy moet nooit 'n SBF laer as 30 in die son gebruik nie. Dis omdat SA die kortste sonveilige tye het.
  • Net een keer se sonbrand kan skade veroorsaak wat tot 'n hele paar ernstige langtermyn-probleme lei.
  • Onthou dat UVA-strale nie deur glas gefiltreer word nie. Jy dink dus dalk jy is veilig agter die ruit van jou motor of kantoor terwyl jy in die sonnetjie bak, maar jy kan nog steeds blootgestel word aan gevaarlike UV-strale al brand jy nie.
  • Daar word jaarliks sowat 10 000 nuwe gevalle van velkanker in Suid-Afrika gediagnoseer, wat dit een van die algemeenste van al die soorte kanker maak. Hou so jou gesin dié somer veilig in die son.
  • Ouers moet verantwoordelikheid neem vir hul kinders se sonbeskerming. Moenie dit los tot dit te laat is nie – begin sonskerm aansmeer reeds wanneer jou kind ses maande oud is. Voor dié ouderdom moet babas glad nie in die son kom nie.
  • Skade van UV-bestraling kan nie altyd met die blote oog uitgeken word nie, maar met ’n UVkameralens word dit duidelik sigbaar.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE