Share

Skoon tande verminder hartaanval-risiko

Nuwe navorsing dui daarop dat mense wat gereeld tandarts toe gaan en hulle tande laat skoonmaak hul risiko vir hartaanvalle of beroerte mag verlaag.

Navorsers in Taiwan het meer as 100,000 mense sonder enige geskiedenis van hartprobleme of beroerte vir 'n gemiddeld van sewe jaar nagevolg en gevind dat diegene wat vir twee jaar hulle tande ten minste twee keer per jaar deur 'n tandarts of mondhigiënis laat skraap en skoonmaak het, 'n 24% laer risiko vir hartaanvalle en 'n 13% laer risiko vir beroerte gehad het – in vergelyking met dié wat nooit, of net een keer elke twee jaar, tandarts toe gegaan het.

"Beskerming teen hartsiekte en beroerte was veral merkbaar by diegene wie se tande ten minste een keer per jaar geskraap is," sê dr. Emily (Zu-Yin) Chen, 'n kardiologie-medewerker van die Veterans General Hospital in Taipei in 'n nuusvrystelling deur die American Heart Association.

Bakteriële groei verlaag

Professionele tande-reiniging verminder skynbaar die groei van bakterieë wat inflammasie veroorsaak en tot die ontwikkeling van hartsiekte of beroerte kan lei, voeg sy by.

Een Amerikaanse deskundige sê dat die skakel tussen orale- en hartgesondheid algemene kennis is.

"Die resultate is nie verbasend nie, aangesien daar al baie studies was wat die skakel tussen inflammasie en hartsiektes aandui," sê dr. Lawrence Phillips, assistent-professor van medisyne in die afdeling kardiologie, en die direkteur van Nukleêre Kardiologie by die NYU Langone Medical Centre, New York City. "Daar word vermoed dat tandskraping chroniese inflammasie verminder, en goeie tande-higiëne word vir alle pasiënte aanbeveel," voeg hy by.

Die studie-outeurs meld dat hulle nie ander hartaanval- en beroerterisiko's, soos gewig, rook en ras,  in ag geneem het nie – wat nie in die Taiwanse Nasionale Gesondheidversekering databasis (wat hulle as die bron van hulle inligting gebruik het) ingesluit is nie.

Beperkings in die studie

Phillips het ook ander beperkings in die studie uitgewys. "Die addisionele risikofaktore van die pasiënte in elke groep, benewens dít wat in hulle databasis opgeneem is, is onduidelik, en dus weet ons nie of soortgelyke pasiënte met mekaar vergelyk word nie," sê hy. "Bo en behalwe bogenoemde het diegene wat proaktief ten opsigte van hulle gesondheid is moontlik 'n laer risiko vir hartsiekte en beroerte, onafhanklik van hulle risikofaktore. Mense wat tandarts toe gaan vir roetine-prosedures soos tandskraping is waarskynlik deel van hierdie groep."

Intussen het 'n aparte studie in Swede getoon dat verskillende soorte tandvleissiektes die risiko vir hartaanval, beroerte en hartversaking kan voorspel. Die navorsers het bevind dat minder tande en 'n groter aantal infeksies om die basis van die tande 'n persoon se risiko vir kongestiewe hartversaking of hartaanval verhoog. Verder het hulle gevind dat 'n hoër voorkoms van tandvleisbloeiing ook met 'n groter risiko vir beroerte geassosieer word.

Navorsing wat by vergaderings aangebied word, moet as voorlopig beskou word tot dit in 'n portuur-hersiene mediese joernaal gepubliseer is.

Meer inligting

Die US National Institute of Dental and Craniofacial Research voorsien meer inligting oor hartsiekte en orale gesondheid.


(Kopiereg © 2011 HealthDay. Alle regte voorbehou.)   

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE