Geestesgesondheid
Help só mense met skisofrenie
- Pasiënte bied dikwels weerstand teen behandeling. Maak dus seker hulle gebruik hul medikasie en kom opvolg-afsprake na, anders kan die psigotiese simptome terugkeer.
- Help hulle om realistiese doelwitte te stel om weer in die gewone lewe te funksioneer. Bly positief – pasiënte wat gekritiseer of onder druk geplaas word, kan terugval.
- Bly respekvol, ondersteunend en deernisvol, selfs al doen of sê die pasiënt bisarre dinge. Moet egter nie onvanpaste gedrag verdra nie.
Bonuswenke
- Besoek gerus Health24 se skisofrenie-steungroep, waar vrae elke week beantwoord word. Gaan na www.health24.com, klik op “Experts & communities”, dan op “Talk forums” en dan op “Schizophrenia support”.
- Probeer om ’n pasiënt met skisofrenie teen stres te beskerm om te voorkom dat simptome terugkeer.
(Huisgenootbrokkies)