Share

Selfoon-pornografie en jou tiener

Die meeste ouers sou nie willens en wetens hulle kinders onbeperkte toegang tot die internet gee, waar hulle pornografie kan sien of geselskamers vir volwassenes besoek, waar hulle die slagoffers van pedofiele of kuberboelies kan word nie.

Maar die meeste ouers besef nie dat dieselfde gevare op hulle kinders se selfone skuil nie. Deesdae bied die meeste "smartphones" gebruikers toegang tot die internet, waar hulle dieselfde webwerwe kan opspoor as op skoot- en persoonlike rekenaars. En, aangesien baie tieners hulle eie selfone het, is daar 'n werklike risiko dat tieners via hierdie medium aan onwelvoeglike materiaal blootgestel kan word.

"Baie ouers verstaan nie eintlik wat hierdie selfone alles kan doen nie," sê Stuart Levey van die IT Departement van die Herschel Meisieskool in Kaapstad. Hy verduidelik dat alhoewel baie ouers tuis hulle kinders se internet-toegang met behulp van sagteware pakkette soos Net Nanny beheer, daar nie baie is wat dieselfde met selfone doen nie.

"Die internet is nie net 'n enorme bron van inligting nie, dit is ook vol onwettige inhoud wat skadelik vir kinders kan wees," sê Portia Maurice, Hoofbeampte van Korporatiewe Sake by Vodacom. "Kinders mag leer om dinge wat hulle in pornografie sien as aanvaarbaar en normaal te beskou, wat hulle maklike slagoffers van teistering kan maak."

"Die sosiale netwerk-platvorms soos geselskamers stel kinders ook aan pedofiele bloot, wat kinders probeer oorreed om hulle te ontmoet," waarsku Maurice. "Kinders moet nie net gewaarsku word om weg te bly van webwerwe met volwasse inhoud nie, hulle moet ook weet dat hulle nie met vreemdelinge in geselskamers kontak moet maak nie, omdat hulle sodoende maklik slagoffers van pedofiele kan word."

Moontlike oplossings

Daar is sagteware vir selfone beskikbaar wat ouers in staat stel om filters in te bou om die multimedia-inhoud te beheer wat hulle kinders op hulle selfone kan aflaai. Ouers moet egter besef dat inhoud-filters nie onfeilbaar is nie en dat ontoepaslike inhoud ook deur middel van SMS, IM of e-pos ontvang kan word.

Maurice sê: "Alhoewel daar tegniese oplossings is wat kinders van toegang tot volwasse inhoud kan weerhou, is hierdie metodes nie 100% betroubaar nie, aangesien die internet so 'groot' is en voortdurend verander."

Levey stel voor dat ouers die "browser history" op hul kinders se selfone nagaan as hulle dink dat hulle miskien toegang tot ongepaste webwerwe verkry het. Dit dui aan watter webwerwe onlangs besoek is. "En as ouers vind dat hierdie inligting uitgewis is, moet hulle vra hoekom."

Maurice se argument is dat ouers 'n noodsaaklike rol speel in die opvoeding van hulle kinders oor die risiko's van ongewenste materiaal en die gevare van die kuberruimte. "Om kinders insig te gee oor die gevolge van onverantwoordelike gebruik van die internet is 'n goeie manier om te verseker dat hulle meer bewus word van moontlike gevare en in staat is om hulself beter te beskerm."  – (Wilma Stassen/Health24, Oktober 2011)

Meer inligting

Hoe om kuberboelies te hanteer

Pornografie en seksverslawing: 'n deskundige se siening

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE