Share

Sang kan beroerte-slagoffers help

Volgens ’n nuwe studie help sang om party beroerte-pasiënte wat aan afasie ly en ernstige spraakprobleme het, te leer om weer te praat.

Navorsers in Duitsland wys egter daarop dat die deurslaggewende faktor die ritme en formulaïese frases is wat met sang geassosieer word.

Die navorsers het gevind dat die lirieke en frases wat die pasiënte die beste geken het die grootste impak op hulle artikulasie gehad het, selfs wanneer dit net uitgespreek en nie gesing is nie. Hulle het tot die slotsom gekom dat dié bevindings tot die ontwikkeling van nuwe terapieë vir spraakafwykings kan lei.

Spraakprobleme is algemeen by mense wat beroertes gehad het wat die spraakareas in die brein se linkerhelfte beskadig. Maar die regterkant van die brein wat belangrike aspekte van sang ondersteun, is by hierdie pasiënte dikwels ongeskonde. Vorige navorsing dui aan dat sang areas in die regterhelfte mag stimuleer, wat dan hopelik die spraakfunksie van die beskadigde areas sal oorneem.  

Die navorsing

Om hierdie idee verder te verken, het die navorsers 17 beroertepasiënte met afasie gevra om ’n paar duisend lettergrepe met ritmiese of aritmiese begeleiding te resiteer. Die frases wat gekies is, was soortgelyk, maar was nie ewe bekend aan die pasiënte nie en was ook nie ewe formulaïes nie.  

Die studie-outeurs het gevind dat om die frases te sing nie beter resultate opgelewer het as om dit ritmies uit te spreek nie.  

"Die sleutelelement by ons pasiënte was, om die waarheid te sê, nie die melodie nie, maar die ritme,” het Benjamin Stahl, ’n navorser aan die Max Planck Instituut vir Menslike Kognitiewe- en Breinwetenskappe in Leipzig in ’n nuusvrystelling deur die instituut gesê. “Die positiewe effek was die sterkste waarneembaar by pasiënte wie se dieper breinareas wat as basale ganglia bekendstaan, geaffekteer is. Dit is bekend dat hierdie areas baie belangrik vir ritmiese prosessering is.” 

Die navorsers het beklemtoon dat bekende lirieke en formulaïese frases die maklikste was vir die pasiënte om te artikuleer. Die rede wat hulle hiervoor aangevoer het, is dat hierdie woorde ander meganismes behalwe spontane spraak mag betrek, insluitende dié wat by langtermyn geheue betrokke is.

Volgens die studie-outeurs is meer navorsing nodig om uit te vind hoe ritmiese en formulaïese spraak in rehabiliterende terapie gebruik kan word. “Selfs beperkte vordering in spraakvermoë kan baie beteken vir mense met afasie wat partykeer jare lank moeite gehad het om effektief te kommunikeer,” voeg Stahl by. (HealthDay, September 2011)

Meer inligting

Die U.S. National Library of Medicine het meer oor kommunikasie met iemand met afasie.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

Lees verder:

Beroerte Condition Centre

’n Volledige gids vir beroerte

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE