Share

SA omskep kernwapens vir gesondheid

Suid-Afrika het kernwapens uit die apartheid-era omskep in werktuig om kanker en hartsiektes uit te snuffel. Dit behels nuwe tegnologie wat wêreldwye bekommernis oor onwettige kernwapen-handel kan verlig.

Nadat Suid-Afrika sy wapenprogram vrywillig gestaak het, is die oorblywende kernbrandstof gebruik om mediese isotope te produseer wat deur dokters vir beeldvorming tegnologie gebruik word.

Suid-Afrika is een van die wêreld se drie voorste produsente van molibdeen-99, beter bekend is as moly, wat in 80% van die 50 miljoen kern-mediese prosedures wat jaarliks wêreldwyd uitgevoer word, gebruik word.

Normaalweg word moly met dieselfde soort uraan vervaardig as wat gebuik word om kernwapens te maak. Dit skep 'n kopseer vir pogings om uraan wat vir wapenvervaardiging gebruik word, te bekamp.

'n Nuwe tegniek

'n Nuwe tegniek wat deur die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) ontwerp is, laat wetenskaplikes toe om moly met laagverrykte uraan te vervaardig, in teenstelling met die hoogs verrykte soort wat vir die vervaardiging van bomme vereis word.

"Dit is baie opwindend," sê Mike Sathekge, hoof van kernmedisyne aan die Universiteit van Pretoria. "Ons verwag dat dit 'n groot impak gaan maak."

In Julie het Necsa die eerste besending van die nuwe moly aan 'n verspreider in die VSA, wat die helfte van die wêreld se miljard dollar mark vir hierdie soort kernmedisyne mark verteenwoordig, gelewer.

Die nuwe tegnologie is duurder, maar die VSA het 'n toekenning van 25 miljoen dollar aan Necsa en sy medewerker, die Australian Nuclear Science and Technology Organisation gegee om voort te gaan met die vervaardiging daarvan.

Die hoër koste

Die medikasie-verspreiders sal nie noodwendig bereid wees om die hoër prys te betaal nie, maar die hoof van Necsa, Rob Adams, meen dat Washington se bekommernis oor onwettige wapenhandel die situasie dalk kan verander.

"Ons verwag die instelling van een of ander tarief-versperring wat dit nie so aanloklik sal maak om molibdeen van hoogs verrykte uraan te vervaardig nie," het hy aan AFP gesê.

Jennifer Wagner, woordvoerder van die US National Nuclear Security Administration, het gesê dat Washington gretig is om afskrikmiddels teen moly wat van hoogs verrykte uraan gemaak word, in te stel.

Moontlikhede

Sy sê dat die NNSA "met die betrokke agentskappe saamwerk om al die moontlikhede te bespreek", wat sal verseker dat aansporings vir die nuwe tegnologie geskep word.

Die meeste van die wêreld se moly word deur kernreaktors in net vyf lande geproduseer: België, Kanada, Frankryk, Nederland en Suid-Afrika.

Suid-Afrika is die enigste land wat die nuwe tegniek gebruik, wat moontlik in die toekoms die kernindustrie aan die gang sal hou.

Pretoria het in September die ontwikkeling van 'n toonaangewende kernreaktor gestaak, nadat meer as 'n miljard dollar aan die ontwikkeling van 'n nuwe klein kragsentrale wat as 'n veiliger bron van kernkrag voorgehou is, bestee is.

Buitelandse kundigheid

Suid-Afrika soek nou in die buiteland na kundigheid vir die bou van nuwe kernkragsentrales om sy elektrisiteitsvoorsiening te verhoog, wat besorgdheid oor die toekoms van die plaaslike industrie veroorsaak het. Volgens Adams bly kernmedisyne egter 'n pluspunt vir Suid-Afrika.

"Om deur die top tegnologiese land in die wêreld erken te word, en om in staat te wees om hulle van iets te voorsien wat hulle self nie het nie, is 'n wonderlike bemarkingshupstoot," sê Adams.

"Om te kan sê ons, hierdie land in Afrika, het 'n tegnologie ontwikkel wat die VSA met 'n seer hart soek, is iets waarop ek baie trots is." (Sapa/ November 2010)

Lees verder: 
Your medicine is watching you
Aspirin in pregnancy affects male reproductive organs
Medicines pose great risk to kids

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE