Share

SA kinders die hoogste risiko vir verkragting

Volgens 'n minister het Suid-Afrikaanse kinders van 12 tot 17 'n groter kans om verkrag te word as landsburgers van enige ander ouderdom – in 'n land waar die voorkoms van verkragting van die hoogste in die wêreld is. 

Die minister vir Vroue, Kinders en Mense met Gebreke Lulu Xingwana sê dat die bevinding gebaseer is op 'n studie van mense wat hulp gesoek het by die openbare Thuthuzela sentrums vir die slagoffers van verkragting dwarsdeur die land.

"Die groep kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 blyk die kwesbaarste groep te wees en vorm die meerderheid – ongeveer 15,000 – van die mense wat hierdie sentrums besoek," sê Xingwana.

Sy sê dat meer as 34,000 slagoffers die sentrums gedurende die drie jaar op rekord besoek het.

Meeste verkragtings in SA nie gerapporteer

Verskeie studies het getoon dat Suid-Afrika een van die ergste verkragting-probleme in die wêreld het.

Dokters Sonder Grense het gevind dat 'n vrou elke 26 sekondes gemolesteer word, 'n syfer wat net deur lande in 'n oorlogsituasie geëwenaar word.

'n 2009 studie deur die regering se Mediese Navorsingsraad (MNR) het onthul dat meer as 'n kwart van Suid-Afrikaanse mans erken dat hulle 'n vrou of meisie verkrag het en dat 9.8% persent 'n slagoffer die eerste keer onder die ouderdom van 10 verkrag het.

Die meeste gevalle word nie gerapporteer nie en die verkragters is meestal iemand wat die slagoffer ken.

Die MNR studie het gevind dat net een uit 25 verkragtings aan die polisie gerapporteer word en dat een uit vyf self-erkende verkragters MIV-positief is.

Hierdie dade van seksuele geweld word geassosieer met kriminele aktiwiteit en huishoudelike geweld. - (Sapa, Maart 2011)

Read more:
10 stappe vir ouers van 'n kind wat 'n verkragting oorleef het

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE