Rumatiek
Beskerm jou gewrigte so:
- Jy kan steeds oefening doen as jy rumatiek het. Warm kompresse aan die begin en koue kompresse aan die einde op pynlike gewrigte help baie.
- Oefening soos swem, t’ai chi, joga en selfs baldanse is geskik as jy aan rumatiek ly. Oefen minstens elke tweede dag om jou gewrigte soepel te hou.
- Kry hulpmiddels wat die druk op jou gewrigte verlig, soos gewrigspalke of ’n kierie.
Bonuswenke
- Chirurgie kan soms ‘n rumatieklyer se lewe dramaties verbeter. Mense dink dat ’n heup- of knievervanging ’n enorme operasie behels, maar dié prosedures is tans hoogs gesofistikeerd en baie suksesvol.
- Ly jy aan rumatiek? Verlig die druk op jou gewrigte deur gewig af te skud.
(Huisgenootbrokkies)