Share

Rou riool 'n nuwe uitdaging vir wetenskaplikes

Daar is ’n uiteenlopende versameling virusse wat nog wag om verken te word, sê navorsers.   

'n Nuwe studie dui aan dat rou riool duisende onontdekte virusse bevat, waarvan party die mens se gesondheid kan beïnvloed. Virusse is oral, maar net ongeveer 3,000 onderskeie virusse is al wêreldwyd geïdentifiseer.   

In hierdie studie het navorsers die genetiese aanduidings van virusse in rou riool in Noord-Amerika, Europa en Afrika gesoek. Hulle het die teenwoordigheid van 234 bekende virusse van 26 verskillende virus-families bespeur, wat beteken dat rou riool die tuiste is van die mees diverse versameling virusse wat nog ooit opgeteken is.

Bekende virusse wat in rou riool aangetref word, sluit in menslike patogene soos menslike papillomavirus wat genitale vratte en servikale kanker veroorsaak, en norovirus wat verantwoordelik is vir maaggriep. Daar was ook virusse wat met knaagdiere en kakkerlakke geassosieer word, virusse van plante en virusse wat op bakterieë teer.

Onbekende virusse

Maar volgens Michael Imperiale van die Universiteit van Michigan, skrywer van die studie, behoort die meeste van die genetiese eienskappe aan onbekende virusse, waarvan baie onbekende rolle in menslike gesondheid en omgewingsprosesse speel.

Terwyl baie van die onbekende virusse wat by mense voorkom skadelik mag wees, is ander goedaardig en speel selfs ’n positiewe rol, sê hy. Die studie is in die aanlyn-joernaal Journal mBio gepubliseer.

Die navorsers beplan om in ander omgewings dwarsoor die wêreld na virusse te soek. “Ek dink dit gaan die punt van die ysberg wees van hoeveel virusse daar eintlik is,” sê Imperiale in ’n nuusvrystelling deur die joernaal. “Ek dink die oseane van die wêreld gaan nog meer oplewer as rou riool, alhoewel die konsentrasies daar nie so hoog sal wees nie.”  

(HealthDay, Oktober 2011) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE