Share

Roosaknee

Roosaknee

“Ek het roosaknee in my gesig. Die areas om my oë is erger aangetas. Wat is dit, en is daar enige behandeling beskikbaar?”

M Myburgh

 

Roosaknee, ook bekend as rosacea, is ’n langdurige rooi veluitslag van gebroke bloedvaatjies, gewoonlik in die sentrale area van die gesig. Die vel kan verdik, gewoonlik oor die neus, wat dan veroorsaak dat die neus onooglik kan vergroot.

Die oorsaak is onbekend. Dit begin gewoonlik na die middeljare en is algemeen in persone met ligte gelaatskleure. Dit is interessant dat hierdie toestand algemeen voorkom in alkoholiste. Mense met hierdie veltoestand moet sekere kossoorte vermy soos sterk speserye, alkohol, koffie en koeldranke wat kaffeïen bevat.

Die behandeling kan moeilik wees. Kortisoonsalf sal dit vererger, maar sekere antibiotika soos tetrasikliene kan voordelig wees. Salf wat antibiotika soos metronidasool bevat is ook van waarde.

Enige veluitslag wat in die gesig voorkom is ’n ernstige verleentheid, en dokters sal alles in hulle vermoë doen om dit te behandel.

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE