Stook jy?
Maniere om op te hou rook
- Nikotienvervanging: Jy kan ’n plakker, kougom of inhaleerder met nikotien inspan om die nikotienlus te demp. Dis ’n tydelike oplossing wat jou oor die eerste hekkies kan help.
- Zyban: Dis ’n antidepressant wat kan help dat jy nie weer begin rook nie, en is volgens navorsing in die eerste jaar meer doeltreffend as daarna.
- Gedragsverandering: As rook ’n emosionele steunpilaar geword het, kan ’n steungroep of teenrook-terapie jou leer om stres en emosionele uitdagings op ander maniere die hoof te bied.
Bonuswenke
- Die doeltreffendste plan teen rook is ‘n kombinasie van Zyban, nikotienvervanging en teenrook-terapie. Sommige universiteite se mediese skole het sulke terapieprogramme. Besoek www.smokenders.co.za.
- Vermy alkohol en koffie terwyl jy die rokery probeer los. Streshantering sal ook help.
(Huisgenootbrokkies)