Share

Rokers en vetsugtiges neem meer siekteverlof

Volgens nuwe navorsing uit Nederland blyk dit dat mense wat hulle skuldig maak aan ongesonde gewoontes soos rook, 'n swak dieet en onvoldoende oefening, uiteindelik minder produktief by die werk is.

Die studie dui daarop dat ongesonde lewenstylkeuses ook skynbaar tot 'n groter behoefte aan siekteverlof lei, asook tot langer periodes van afwesigheid wanneer siekteverlof geneem word. Hierdie bevinding is in die joernaal Occupational & Environmental Medicine gepubliseer.

Alex Burdorf en kollegas van die departement van openbare gesondheid aan die of Erasmus Mediese Sentrum in Rotterdam in Nederland sê in 'n nuusvrystelling deur die joernaal se uitgewer: "Meer as 10% van siekteverlof en 'n verhoogde verlies aan produktiwiteit by die werk kan toegeskryf word aan lewenstyl-gedrag en vetsugtigheid."

Die studie

Tussen 2005 en 2009 het Burdorf en sy medewerkers 'n opname onder meer as 10,600 werkers by 49 verskillende maatskappye in Nederland gemaak.

Deelnemers is gevra om beide hul lewenstyl en werkgewoontes te bespreek en hulle produktiwiteit volgens 'n skaal van nul tot 10 te beoordeel en ook inligting te verskaf oor hulle gewig, lengte, gesondheidsgeskiedenis en die aantal dae wat hulle weens siekte gedurende die voorafgaande jaar afwesig was.

Die navorsers het gevind dat 56% van die deelnemers gedurende die vorige jaar weens swak gesondheid ten minste een dag van die werk afgeneem het. Vetsugtigheid, rook, 'n swak dieet en min oefening was bydraende faktore in net meer as 10% van die gevalle van siekteverlof.

Die studie het vasgestel dat die waarskynlikheid dat spesifiek vetsugtige werkers vir 10 tot 24 dae weens siekte van die werk wegbly, 66% hoër is as in die geval van nie-vetsugtige werkers. 

Rokers ook baie ongesond

Burdorf en sy kollegas berig dat rokers ook meer siekteverlof neem. Die sigaret-gewoonte lei tot 'n 30% groter waarskynlikheid dat 'n werker 10 tot 24 dae weens swak gesondheid sal afneem.

Die skrywers het waargeneem dat, in teenstelling met rokers, diegene wat 10 of meer glase alkohol per week gedrink het, 'n laer waarskynlikheid om weens swak gesondheid tyd by die werk af te neem, getoon het.

In die geheel het die span bevind dat gewig waarskynlik 'n sleutelrol speel in die kwessie of 'n indiwidu 'n onderliggende gesondheidsprobleem het, wat tot die behoefte aan siekteverlof kan lei.

Soveel as 83% van ernstige oorgewig-werkers het gesê dat hulle ten minste een siektetoestand ontwikkel het, vergeleke met 75% van oorgewig werkers en 69% van mans en vroue met 'n normale gewigsprofiel.

Wat produktiwiteit betref, het 44% gevoel dat hul prestasievlak op die dag vóór die opname geneem is, swakker was as gewoonlik.

Daar is gevind dat byna 4% van diegene met verlaagde produktiwiteit minder as die aanbevole hoeveelheid vrugte en groente geëet het, terwyl rokers 20% van daardie groep uitgemaak het.

Die gevolgtrekking van Burdorf en sy kollegas in hul verslag was die volgende: "Primêre ingryping in die lewenstyl van werkers mag wél 'n merkbare bydrae tot die handhawing van 'n produktiewe werkerskorps lewer." - (Health24, September 2010)

 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE