As jy swanger wil word, kan hierdie raad jou help om die bal aan die rol te sit.
1. Hou op rook. Nikotien beïnvloed die vrugbaarheid van mans sowel as vroue.
2. Maak liefde 14 dae voor jou maandstonde. Omdat die eiersel op dag 14 van jou siklus by die Fallopiusbuis afbeweeg, is jy dan op jou vrugbaarste.
3. Bly lê vir minstens 10 minute ná seks. Dit kan die spermselle help om hul bestemming te bereik. Moet vir so lank as moontlik nie toilet toe gaan nie.
4. Vermy smeermiddels. Die gebruik van smeermiddels soos KY-jellie kan die vrugbaarheid van sperma beïnvloed.
5. Bokser-onderbroeke vir hom. Stywe mansonderbroeke hou die wêreld daar onder te warm, wat sleg is vir jou spermtelling. Warm baddens en 'n skootrekenaar op jou skoot moet ook liefs vermy word.
6. Meer seks. 'n Onlangse studie deur Australiese vrugbaarheidspesialiste toon dat spermgehalte verbeter as 'n mens 'n week lank elke dag seks het.
(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)