Share

Positiewe houding gee gesondheid 'n hupstoot

’n Nuwe studie dui daarop dat positiewe faktore, soos betekenisvolle verhoudings met ander en ’n doel in die lewe, kan help om die negatiewe gesondheidsimpak van ’n gebrekkige skoolopleiding te verlaag.

Navorsers aan die University of Wisconsin-Madison het beklemtoon dat dit bekend is dat ’n gebrekkige opvoeding ’n sterk voorspeller van swak gesondheid en ’n redelike vroeë dood is. Maar hulle nuwe studie wat aanlyn in die joernaal Health Psychology gepubliseer is, het bevind dat gemoedsrus dié risiko kan verlaag.

"As jy nie ver gevorder het wat opvoeding betref nie, maar steeds goed voel oor jouself, sal jou gesondheid waarskynlik nie swakker wees as dié van mense wat ’n beter opvoeding geniet het nie. Lae opvoedkundige vlakke waarborg nie swak gesondheid of biologiese regulasie nie,” sê medeskrywer en sielkunde-professor Carol Ryff.  

Die studie

Ryff en haar kollegas het as deel van ’n langtermyn studie oor ouderdomsverwante verskille in fisieke en geestelike gesondheid die vlakke van die infammatoriese proteïne interleukin-6 (IL-6) by deelnemers aan die Survey of Midlife in die VSA gemeet. Hoë vlakke van IL-6 word met ’n aantal gesondheidsprobleme soos kardiovaskulêre siekte, beroerte, diabetes, metaboliese sindroom en party soorte kanker geassosieer. 

Die navorsers het gevind dat mense wat net ’n hoërskool-diploma of selfs minder het, maar goed gevaar het in toetse oor algemene gelukkigheid of self-aanvaarding, of wat gevoel het dat hulle lewensomstandighede heel draaglik was, se IL-6 vlakke soortgelyk was aan dié van ewe tevrede, maar hoogs opgevoede mense.    

Hierdie bevindings kan help om die groot gaping in gesondheid tussen ryk en arm te vernou.

"Ander navorsing toon dat hierdie sielkundige faktore goed op bemiddeling reageer,” sê Ryff. “Daar is terapie wat mense die vermoë gee om al hierdie sielkundige kenmerke in hulle guns te laat werk. Daar is ook aanduidings dat hierdie terapie verhinder dat mense in depressie en angstigheid terugsak – en ons weet dat dit sleg is vir hulle gesondheid.” 

(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE