advertisement
02 December 2009

Omloop van die liggaam (Tinea corporis)

Dié swam wat op haarlose vel groei, tas veral kinders se gesig aan.

0

Dié swam wat op haarlose vel groei, tas veral kinders se gesig aan. Die plekke is gewoonlik rond met 'n duidelike omlyning en versprei uitwaarts namate die dele in die middel opklaar.

Dit kan deur regstreekse aanraking, besmette borsels of deur honde en katte oorgedra word.

Behandeling: Swamdodersalf bring vinnige verligting, maar moet vir twee tot vier weke gebruik word. Die ouer en goedkoper salf Whitfield's werk goed as nuwer salwe nie beskikbaar is nie.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

 
NEXT ON HEALTH24X
advertisement

Read Health24’s Comments Policy

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.