Share

Oefening en asma

Hoewel oefening in soveel as 90 persent van asmalyers asma kan veroorsaak, beveel asma-kenners aan dat asmalyers so fiks moontlik bly en soveel oefening moontlik doen.

Dit klink na die tipiese Catch-22 situasie. Hoe kan iemand oefening doen as die oefening juis tot asma-aanvalle lei?

Sportgeneeskundiges en asmakenners het bevind dat indien asmalyers voorkomende middels – dikwels in die vorm van asmapompies – voor oefening gebruik, en sekere asmasnellers vermy, hulle baie minder asma kry as hulle fiks is. Voorts is hul asma-aanvalle minder ernstig is, hul longfunksie verbeter en hulle het minder asmamiddels nodig.

Van die faktore wat oefeningsgeinduseerde asma kan vererger, sluit in koue, droë lug, lugreëling, en hoë tellings van stuifmeel en besoedeling in die lug. Asmalyers moet dus liefs nie ysige koue lug inasem of besoedelde of bestuifmeelde lug nie. Hulle moet dus liefs nie baie vroeg soggens of laat saans op koue winterdae oefen nie, en gebiede met baie stuifmeel en besoedeling vermy.

Volgens Suid-Afrikaanse longspesialiste is swem een van die heel beste soorte oefening vir asmalyers. Fietsry en draf is ook goeie oefening. – (Health24, Junie 2001)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE