Winterkwale
Natuurlike verkouemiddels: wat die wetenskap sê
- Navorsing kon nog geen bewys vind dat vitamien C ‘n verkoue beter maak nie. Sink-suigtablette werk soms glad nie, en ander kere kan dit ’n verkoue effens verkort.
- Studies wys vitamien A verbeter lugweginfeksies, maar al dié studies is gedoen op kinders wat aan wanvoeding en ’n vitamien A-tekort gely het. Te veel vitamien A is giftig.
- Navorsing oor echinacea is teenstrydig, met sommige studies wat positief is en ander wat aandui dat dit niks help nie.
Bonuswenke
- Onthou dat hoë dosisse vitamien C en sink maagpyn, naarheid en braking kan veroorsaak. Swanger vroue, kinders en mense wat immuunonderdrukkers gebruik, moenie echinacea gebruik nie.
- Begin antivirale middels drink sodra jy griep kry; so word jy gouer gesond.
(Huisgenootbrokkies)