Share

Nasionale Gesondheidsverekeringsplan kan ekonomie knou

Suid-Afrika se voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekeringsplan (NGV), wat daarop gemik is om 'n sukkelende gesondheidstelsel op dreef te kry, sal die duurste regeringsprogram wees sedert die einde van apartheid, en kan die grootste ekonomie in Afrika in 'n resessie indwing.

Planne om die NGV te finansier, sal oor die volgende paar maande uitgewerk word, maar een ding waaroor ekonome saamstem, is dat belastingbetalers kwaai gemelk gaan word om vir hierdie ambisieuse program te betaal –  terwyl werksgeleenthede as gevolg van 'n stagnante ekonomie al hoe minder word.

"As dit onder die huidige toestande plaasvind, is daar die risiko dat dit die ekonomie in 'n resessie sal dwing," sê Kevin Lings, die hoofekonoom by Stanlib.

R255 miljard teen 2025

Die regering skat dat 'n ten volle geïmplementeerde skema teen 2025 R255 miljard ($36 miljard) sal beloop, maar die syfer kan baie hoër wees as gevolg van die skaarste aan opgeleide personeel, gebrekkige fasiliteite en 'n verbrokkelende infrastruktuur.

"Die fiskale koste van die skema is 'n groot bekommernis, veral omdat baie beleggers die volhoubaarheid van Suid-Afrika se maatskaplike uitgawes betwyfel," sê Anne Fruhauf, 'n Afrika-spesialis vir die politieke risiko konsultante Eurasia Group.

Die NHI is veronderstel om die gesondheidsorg op te skerp vir die land se arm meerderheid wat min toegang tot kwaliteit-sorg het, ten spyte van die feit dat Suid-Afrika se per capita gesondheidsorg-uitgawes veel hoër is as dié van enige ander land op die kontinent.

Skema duurder as onderwys

Wanneer dit ten volle ontplooi is, sal die geprojekteerde uitgawes vir die skema gelykstaande wees aan omtrent 25% van die staat se uitgawes, meer as die huidige grootste staatsuitgawe – onderwys.

Alle Suid-Afrikaners wat dit kan bekostig, sal NGV fooie moet betaal, asook werkgewers, van wie baie alreeds vir private gesondheidsorg vir hulle werkers betaal.

Befondsing sal uit die staatsbegroting kom, wat 'n addisionele las op die land se 6 miljoen belastingbetalers sal plaas, wat reeds help om vir die welsynsprogramme vir 12 miljoen mense te betaal.

Die fondse sal deur SARS ingesamel word en geplaas word in wat die NGV fonds genoem sal word, en wat die enigste betaler van eise sal wees. Dit sal deur die gesondheidsminister en die parlement geadministreer word.

Geld van ander begroting-areas herlei

Ekonome verwag dat geld van ander areas van die begroting na gesondheidsorg herlei sal word – wat potensiële ekonomiese groei sal vertraag. Hulle beskou die NHI fooie as soortgelyk aan 'n nuwe belasting wat meer geld van mense se salarisse sal eis.

Die regering voorsien dat mense wat tans vir private gesondheidsorg betaal die openbare stelsel sal betree, maar in die lig van die swak toestande in baie openbare hospitale is die waarskynlikheid groot dat baie werkers vir twee versekeringsplanne sal betaal terwyl hulle net die private een gebruik.

Belastingsubsidies vir diegene wat in private gesondheidsorg-planne bly, sal opgeskort word, terwyl dié wat die openbare opsie kies 'n selfs groter las op 'n reeds oorlaaide stelsel sal plaas.

Sedert die ANC in 1994 na dekades van blanke minderheidsregering aan die mag gekom het, het dié party groot vordering gemaak met die voorsiening van aanvaarbare behuising, opvoeding en gesondheidsorg aan die armes.

Die ANC het egter min gedoen om een van die grootste gapings tussen ryk en arm in die wêreld te verklein. Die NGV kan politieke druk op die ANC verminder, in die lig van gewelddadige proteste deur die armes oor gebrekkige optrede om die lot van die minderbevoorregtes te verbeter.

Daar is egter groot bekommernis oor die koste.

"Daar is te veel mense wat van 'n klein groepie afhanklik is. Basies onderhou elke belastingbetaler reeds 2.8 ander Suid-Afrikaners. En as elke belastingbetaler nog meer moet betaal om nog meer mense te onderhou, sal dit op 'n stadium nie meer volhoubaar wees nie," sê Mike Schussler van economists.co.za.

"Daar is baie dinge wat die regering wil doen wat op die ou einde in lugkastele ontaard, en dít is wat moontlik met die NGV gaan gebeur." - (Peroshni Govender en Jon Herskovitz/Reuters Health, Augustus 2011)

Lees verder:
NGV sal nie belastinglas verhoog nie

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE