Share

Mozart mag help om kolonpoliepe raak te sien

Dokters wat tydens kolonoskopieë na Mozart luister, mag dalk meer voorkankergewasse raaksien, volgens navorsers.

Beter opsporing van hierdie sogenaamde adenomateuse poliepe kan lewens red, meen die studie-outeurs, aangesien die oorlewingskoers vir kolorektale kanker beter as 90% is wanneer die siekte vroeg opgespoor word.  

Vorige navorsing toon dat Mozart se musiek ruimtelike temporale redenasie ’n beduidende korttermyn-hupstoot kan gee, wat ’n mens se vermoë om geestelike beelde in ruimte en tyd te vergelyk en verander. Navorsers se doel was om vas te stel of hierdie fenomeen, wat die “Mozart Effek” genoem word, ’n rol in die suksesvolle opsporing van voorkankergewasse gedurende kolonoskopieë gespeel het.    

In hulle beperkte studie het twee dokters endoskopieë uitgevoer terwyl hulle óf na Mozart óf na geen musiek geluister het nie. Die navorsers het gevind dat altwee dokters hulle opsporing van potensieel gevaarlike adenomateuse poliepe verbeter het terwyl hulle na musiek geluister het, vergeleke met hulle vorige sukseskoers (basislyn). Maar terwyl altwee dokters beter resultate in vergelyking met hulle basislyn-koers getoon het, het een van die dokters gedurende die studie effens beter gevaar in die prosedures sonder musiek as met musiek.  

Resultate

Die opsporingskoers van die eerste dokter was ongeveer 67% terwyl hy na musiek geluister het, en 30% sonder die musiek. Dit het gestyg van ’n basislyn opsporingskoers van 21% voor die begin van die studie.

Die tweede dokter het egter ’n adenoom-opsporingskoers van byna 37% met Mozart gehad en 40% sonder die musiek, vergeleke met ’n basislyn-opsporingskoers van 27%. 

"Beide endoskopiste het hoër opsporingskoerse gehad wanneer hulle na musiek geluister het, vergeleke met hulle basislynkoerse,” sê hoofnavorser dr. Catherine Noelle O’Shea van die University of Texas Health Science Center at Houston in ’n nuusvrystelling deur die American College of Gastroenterology.

Die voorkoming van kanker-ontwikkeling

Volgens agtergrondinligting in die nuusvrystelling dui die studie-outeurs ook aan dat die bevindings kan help om die aantal mense wat deur invallende kolorektale kanker geaffekteer word, te verminder. Kolorektale kanker is die derde mees algemene kanker wat by mans en vroue in die VSA gediagnoseer word. Indien dit vroegtydig opgespoor word, kan gevaarlike poliepe tydens kolonoskopieë verwyder word, om die ontwikkeling van die siekte te voorkom.

"Die opsporing van adenome word gekoppel aan ’n vermindering in die voorkoms van kolorektale kanker, dus is dit ’n belangrike kwaliteitsaanduider van kolonoskopieë,” sê O’Shea. “Enigiets wat ons kan doen om hierdie syfers te laat styg, het die potensieel om lewens te red. Al is dit ’n beperkte studie, beklemtoon die resultate hoe innoverende denke – in hierdie geval die gebruik van Mozart – om adenoom-opsporing te verhoog, potensieel van waarde vir dokters en pasiënte kan wees.”

Die studie sal voorgelê word by die jaarlikse vergadering van die American College of Gastroenterology in Washington, DC. Omdat hierdie studie by ’n mediese vergadering voorgelê is, moet die data en gevolgtrekkings as voorlopig beskou word, tot dit in ’n portuurhersiene joernaal gepubliseer word.

Meer inligting

Die U.S. National Institute of Diabetes and Digestive and Kidney Diseases het meer oor kolonoskopie.


(Kopiereg © 2011 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE