Share

Moenie die moesies mis nie

Sekere moesies moet gereeld ondersoek word – "die onreëlmatige moesies wat effens soos gebakte eiers lyk," sê die dermatoloog Dr Mohamed Docrat. "Dié 'displastiese' moesies het 'n hoë risiko en moet met 'n moesie-kartering ('n rekenaargebaseerde evaluering) gemonitor word."

Gaan ook vir 'n gereelde velondersoek en -skandering indien jy:

  • altesaam meer as vyftig moesies het
  • vyf of meer onreëlmatige moesies het
  • enige nabye familie het met melanoom.

Anders as wat mense dink, is die groter en meer opmerklike moesies – soos dié wat effens uitstaan – minder geneig om gevaarlik te wees. "Moesies wat die meeste dui op melanoom is klein, plat en donker," sê die dermatoloog Dr Rowena McKenzie van Kaapstad.

Dié soort moesie sit plat teen die vel en lyk soos baie donker sproete. Hoewel die feit dat die moesies hul verskyning gemaak het, nie dui op gevaar nie, kan 'n verandering in die moesies se voorkoms 'n gevaarteken wees.

Die boodskap hieragter? Wees paraat. Gaan vir 'n moesie-kartering by jou dermatoloog en laat jou moesies gereeld ondersoek. Meet die klein, plat en donker moesies jaarliks om te kyk of hulle enigsins van grootte verander. As die buitenste kante van die moesie oneweredig raak of enigsins van voorkoms of vorm verander, gaan praat met jou dokter.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE