Swangerskap
Wat kan ’n miskraam veroorsaak?
- Die meeste miskrame ontstaan weens ’n fout in die fetus se gene. Dit beteken nie noodwendig daar’s iets met ’n ouer verkeerd of dat dit weer sal gebeur nie.
- Siektes soos diabetes, tiroïedsiekte, lupus, hartsiektes en ander probleme soos baarmoederinfeksie kan ’n miskraam veroorsaak as dit nie goed bestuur word voor en tydens die swangerskap nie.
- Soms vervaardig ’n vrou se lyf nie genoeg progesteroon nie. Progesteroon help die baarmoedervoering om die fetus en plasenta te ondersteun.
Bonuswenke
- Alkohol, rook en dwelms wat in oormaat en gereeld gebruik word, kan ook ’n miskraam veroorsaak. Nuwe navorsing wys ook dat te veel kafeïen die risiko vir ’n miskraam verhoog.
- Moenie meer as twee koppies gewone koffie per dag drink terwyl jy swanger is nie.
(Huisgenootbrokkies)