Share

Minder rook, meer persoonlikheid

Bo en behalwe die alombekende gesondheidsvoordele van ophou rook, dui nuwe navorsing aan dat om op te hou rook boonop ’n mens se persoonlikheid ’n hupstoot kan gee. 

Navorsers aan die Universiteit van Missouri het gevind rook is ’n sneller vir impulsiwiteit (om op te tree sonder om te dink) en neurose (gereelde emosionele negatiwiteit en angstigheid) by volwassenes onder die ouderdom van 35. Die studie dui aan dat diegene wat ophou rook, hierdie negatiewe karaktertrekke egter kan oorkom en hulle persoonlikheid verbeter.  

In ’n vergelyking tussen rokers van 18 tot 35 en ’n portuurgroep wat opgehou rook het, het navorsers gevind dat die rokers impulsiewer en meer neuroties was. Hulle het ook gevind dat jong mense met hoër vlakke van impulsiwiteit en neurose ’n groter kans gehad het om by skadelike gedragspatrone soos rook betrokke te raak.

Die navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat antirook-veldtogte, wat rokers se impulsiwiteit teiken, in die geval van jong volwassenes effektief mag wees.

Rook impulsiewe gedrag by jeugdiges

"Die data dui aan dat rook by party jong volwassenes impulsief is,” verduidelik Andrew Littlefield, ’n doktorale student by die sielkunde departement van die College of Arts and Science, in ’n nuusvrystelling deur die University of Missouri. "Dit beteken dat 18-jariges sonder veel oorleg optree en onmiddellike belonings bó langtermyn negatiewe gevolge verkies. Hulle mag byvoorbeeld sê, ‘Ja, ek weet rook is sleg vir my, maar ek gaan dit in elk geval doen.’” 

"Ons vind egter dat indiwidue met die laagste vlakke van impulsiwiteit die grootste kans het om op te hou rook. As ons antirook-veldtogte op daardie impulsiwiteit kan fokus, kan dit jongmense help om op te hou rook.”

Die studie wat in ’n toekomstige uitgawe van die joernaal Nicotine and Tobacco Research gepubliseer gaan word, toon dat rokers, nadat hulle opgehou het, ’n vermindering van hierdie soort persoonlikheidseienskappe getoon het, veral diegene van 18 tot 25. Namate rokers ouer word, skuif die rede hoekom hulle rook weg van impulsiwiteit, en die gewoonte word deel van ’n vasgestelde gedragspatroon. 

"Die motiewe vir rook op ’n later stadium in ’n mens se lewe – gewoonte, smagting, gebrek aan beheer en toleransie – is sleutelelemente van rook-afhanklikheid en het nie so baie te doen met persoonlikheidseienskappe nie,” sê Littlefield. 

Hy sê verder dat soos ander vorms van middelmisbruik, rook ’n komplekse verhouding tussen genetiese en omgewingsfaktore behels. Littlefield beplan om verdere navorsing oor hierdie onderwerp te doen deur genetiese invloede op persoonlikheid en alkoholgebruik te bestudeer.

Meer inligting:

The American Cancer Society verskaf ’n gids oor hoe om op te hou rook.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE