Medisynes
Goue reëls vir die gebruik van pille en ander middels
- Newe-effekte:Vra jou dokter vir ’n middel met minder newe-effekte, of vir raad om die newe-effekte te bestry. Reageer die medisyne dalk op middels wat jy reeds neem?
- Vergeetagtigheid: Plak jou medisyneskedule teen die muur op, stel ’n herinnering op jou selfoon, hou die week se pille in ’n pildosie.
- Staking:Moenie ophou om medisyne te drink net omdat jy beter voel nie – vra eers jou dokter. Veral antibiotika moet presies vir die voorgeskrewe tyd gedrink word.
Bonuswenke
- Moet jy jouself gereeld inspuit? Vra jou dokter of die kliniekverpleegster vir wenke oor hoe om dit suksesvol te doen.
- Vra jou dokter vir raad as jy vergeet het om ’n dosis medisyne te drink.
(Huisgenootbrokkies)