Medisyne
Pasop vir dié kos en drank saam met medikasie
- As jy enige medikasie hoegenaamd drink, moet jy liefs van alkohol af wegbly. Dit kan die uitwerking van baie middels versterk of verflou.
- Pomelosap bots met party bloeddruk-, angs-, malaria- en slaapmiddels. Dit verhoog die vlak van dié medisynes in jou bloed en dus die gevaar van newe-effekte.
- Drop kan sommige middels teen hartversaking en abnormale hartritme toksies vir jou liggaam maak.
Bonuswenke
- Aanvullers soos sint Janskruid veroorsaak newe-effekte as dit saam met Viagra of sommige hartmiddels gedrink word; vitamien E en ginseng moenie saam met bloedverdunners gedrink word nie; en ginkgo biloba is taboe as jy epilepsiemedisyne drink.
- Die kafeïen in sjokolade kan die uitwerking van stimulante soos Ritalin versterk.
(Huisgenootwenke)