Share

Media24-gesondheidstoetse

Die gesondheidstoetse wat gedoen gaan word, sal sowat 20 – 25 minute duur. Dra gemaklike klere en geniet dit! Hier is presies wat jy kan verwag:

JOU LMI

LMI is die afkorting vir Liggaamsmassa-indeks, en dit is die verhouding tussen jou lengte en jou gewig. Jy sal geweeg word en jou lengte sal gemeet word.

DIE DOEL: 'n Gesonde LMI is 20 – 25. (As jy alreeds jou lengte en gewig ken, kliek hier om meer uit te vind) . 

LMI is egter nie heeltemal sonder sy probleme nie. As jy byvoorbeeld baie gespierd is, kan dit jou LMI-lesing uitgooi, aangesien spiere baie weeg. Om dit te omseil, sal die toetsers ook die mate van jou middellyf, of abdominale omvang, meet.

DIE DOEL: < 94cm vir mans en <80cm vir vrouens word as gesond beskou.

JOU FIKSHEID

Fiksheidstoetse sal op 'n 3-minute traptoets gebaseer word. Die trap is 30cm hoog en jou hartklopsnelheid en daaropvolgende herstel sal jou fiksheid definieer.

JOU DOEL:

Lees hier oor die toetse.

ROOK

Jy weet natuurlik dat jy nie behoort te rook nie.

DIE TOETS

'n Eenvoudige urine-toets is al wat benodig word. En nee, jy sal dit nie hoef te verskaf voor die ander mense wat getoets word nie. Maar as jy daaraan dink om skelm in die manstoilette monsters om te ruil, sal ons wel weet.

WAT VAN SWANGER VROUENS?

Ongelukkig, alhoewel daar geen gevaar bestaan daarin om deel te neem nie, is daar nie norme beskikbaar vir swanger vrouens wat hier toegepas kan word nie, so jy sal nie kan deelneem nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE