Share

Matige alkoholgebruik beskerm teen hartsiekte

Matige alkoholgebruik bied moontlik beskerming teen hartsiekte volgens twee nuwe navorsingsverslae deur Kanadese navorsers.

Een span van die University of Calgary het 84 studies wat alkoholgebruik en hartsiekte ondersoek het, hersien en tot die gevolgtrekking gekom dat mense wat matige hoeveelhede alkohol gebruik (een of minder eenheid per dag) 'n 14 tot 25% laer kans het om hartsiekte te ontwikkel as diegene wat glad geen alkohol drink nie.

'n Ander span het 63 studies hersien en gevind dat matige alkoholgebruik (wat die navorsers as tot een eenheid per dag vir vroue en een tot twee eenhede vir mans gedefinieer het) die vlakke van "goeie" cholesterol, wat 'n beskermende effek teen hartsiekte het, aansienlik verhoog.

Die bevindings wat aanlyn in die BMJ gepubliseer is, dra by tot bewyse van vorige studies wat gevind het dat matige alkoholgebruik met 'n verminderde risiko vir hartsiekte geassosieer kan word.

Drink matige hoeveelhede alkohol

Een deskundige het gesê dat navorsing inderdaad die idee dat klein hoeveelhede alkohol goed vir die hart is, ondersteun.

"Matige alkholgebruik kan onder die vaandel van lewenstyl-kwessies beslis as deel van 'n gesonde-hart-lewenstyl aanbeveel word," meen Dr. Suzanne Steinbaum, 'n voorkomende kardioloog by die Lenox Hill Hospitaal in New York.

Die skrywers van die tweede verslag, ook van die University of Calgary, het tot die gevolgtrekking gekom dat dit die alkohol self is wat die gesondheidsvoordele inhou, en nie die soort alkoholiese drank (wyn bier of spiritualieë) nie.

Steinbaum stem saam met daardie assessering. "Een van die maniere om hartsiekte te verminder, is om die HDL ('goeie cholesterol') te verhoog, wat niks te doen het met die soort alkohol, of dit nou wyn, bier of hardehout is nie," sê sy.

Maar die navorsers wat die eerste verslag geskryf het, het tot die gevolgtrekking gekom dat alhoewel matige drinkgewoontes klaarblyklik goed vir die hart is, hierdie boodskap getemper moet word met die waarskuwing dat te veel drank sleg vir 'n mens se gesondheid is.

Besprekings oor die impak van alkohol op hartsiekte behoort op hierdie stadium te fokus op "hoe om hierdie bewyse in kliniese praktyke en openbare gesondheid-aanbevelings te integreer," sê William Ghali, van die University of Calgary.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE