Share

Mans en vroue ewe slim met wiskunde

’n Nuwe verslag bevestig dat mans en vroue gelyke wiskundige vaardighede het. Navorsers het 242 studies, wat tussen 1990 en 2007 gepubliseer is, asook die wiskundige vaardighede van byna 1.3 miljoen mense, van laerskool tot tersiêre instellings en verder, geassesseer. Hulle het ook die bevindings van verskeie groot, langtermyn studies bestudeer. 

Beide analises het ’n “onbeduidende” verskil in wiskundige vaardighede tussen mans en vrouens gevind. Hierdie bevindings is in die joernaal Psychological Bulletin gepubliseer.

Terwyl sosiale wetenskaplikes saamstem dat altwee geslagte ewe sterk wetenskaplike vaardighede het, glo baie ouers en onderwysers nog altyd dat seuns beter in wiskunde presteer as meisies. Dit kan daartoe lei dat hulle meisies weglei van loopbane in matematiese wetenskappe of ingenieurswese , sê die hoofskrywer van die studie, Janet Hyde, ’n professor in sielkunde en vrouestudies aan die University of Wisconsin-Madison.

"Ouers en onderwysers hou vas aan stereotipe idees dat seuns beter is met wiskunde, en dit kan ’n enorme impak op individuele meisies hê, wat aangesê word om weg te bly van ingenieurswese of die fisieke wetenskappe omdat “meisies net nie wiskunde kan doen nie,” sê Hyde. 

Dit is bekend dat stereotipes akademiese prestasie beïnvloed, voeg sy by.

Stereotipes hou vroue terug

"Daar is baie bewyse dat wat ons ‘stereotipe bedreiging’ noem, vroue in wiskunde kan terughou. As jy voor ’n toets byvoorbeeld impliseer dat vroue behoort te verwag om effens slegter as mans te doen, benadeel dit hul prestasie. Dit is ’n selfvervullende voorspelling,” sê Hyde.

"Ouers en onderwysers stuur die hele tyd klein implisiete boodskappe uit oor hoe goed hulle verwag dat kinders in verskillende vakke moet presteer, en dit het ’n sterk uitwerking op hulle selfkonsep of vermoëns. Wanneer jy moet besluit oor fisika as ’n hoofvak, kan dit nogal deurslaggewend wees,” voeg sy by.  

Die bevindings van die studie beaam ’n onlangse studie wat geslag laaste geplaas het op ’n lys van nege faktore - insluitende ouers se opvoeding, familie-inkomste en skoolprestasie - wat die wiskunde-prestasie van 10-jaar-oue leerlinge beïnvloed. 

Hyde het opgelet dat vroue groot vooruitgang gemaak het op tegniese gebiede en dat die helfte van mediese studente vroulik is - effens hoër as die 48% vroulike studente met wiskunde as hoofvak op universiteit. "As vroue nie wiskunde kan doen nie, hoe kry hulle dit dan reg om hierdie hoofvakke te slaag?” vra sy.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE