Share

'Mamma, my kop is seer'

Migraines kan vir kinders selfs gevaarliker wees as vir volwassenes. Kinders wat migraine kry, loop 'n groter gevaar as ander kinders om as gevolg daarvan permanente sielkundige skade op te doen.

Dit is omdat hul ouers en ander kinders hulle dikwels nie glo nie, en hulle daarvan verdink dat hulle aansit. "Die sielkundige gevolge is ernstig en langdurig omdat kinders geneig is om alles te glo wat hul ouers hulle vertel," sê die pynspesialis en chirurg dr. Elliot Shevel. As die ouer die kind nie ernstig opneem nie en te kenne gee dat die kind oordryf of nonsens praat, sal die kind sy ouer waarskynlik glo en homself die skuld vir sy pyn gee.

Die oplossing? As jou kind van hoofpyn kla, neem dit ernstig op. "Dis moeilik vir 'n ouer om 'n diagnose te maak," sê Elliot. "Maar as die kind braak of gereeld en vir lang tye van hoofpyn of visuele versteurings kla, moet dit nie ignoreer nie. Moenie 'n kans waag nie. Dit kan migraine wees en as dit wel die geval is, is dit beter om die oorsaak te probeer kry.

"Hoe langer jy wag, hoe ingewikkelder word die problem namate die spiere, senuwees en bloedvate skade ontwikkel en moeiliker word om te genees."

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE