Share

Liefde is die natuur se pyndoder

In 'n studie wat op 'n groep dolverliefde Stanford voorgraadse studente uitgevoer is, het navorsers ontdek dat hoë-oktaan romantiese liefde dalk 'n natuurlike pynstiller mag wees.

Liefde se pynverdowende effek word nie bloot deur gedagtes oor die betrokke persoon se geliefde veroorsaak nie – alhoewel dit ook werk. In teendeel! Navorsers vasgestel dat die sensasie van "halsoorkop verliefdheid" dieselfde dopamien-georiënteerde breinsentrums, wat op onwettige dwelms soos kokaïen reageer, aktiveer.

"Hierdie pynverligtingstelsels is gekoppel aan beloningsisteme," sê Dr. Sean Mackey, senior skrywer van 'n akademiese artikel wat in PLoS One verskyn. "Liefde betrek die diep breinstelsels wat met beloning en begeerte en ander soortgelyke stelsels te doen het."

"Dit gee ons 'n mate van insig oor moontlike maniere om hierdie verskynsel verder te ondersoek en dit uiteindelik vir die behandeling van pyn te gebruik," voeg Mackey, die hoof van die pynbeheer-afdeling by Stanford University School of Medicine, by.

Die studie

Mackey berig dat die skrywers15 voorgraadse studente van Stanford wat "smoorverlief" was, gewerf het, en dat hulle "net 'n paar dae" vir hierdie werwingsproses nodig gehad het.

"Dit was die maklikste studie waarvoor ek ooit mense moes werf," sê hy. "Binne ure het almal aan my deur kom klop en byna gesmeek om bestudeer te word. As jy so verlief is, wil jy hê die hele wêreld moet dit weet."

Die dolverliefde sewe mans en agt vroue, almal nog in die vroeë stadiums van hulle verhoudings, het almal 'n foto van hulle geliefde saamgebring.

Navorsers het deelnemers met ’n warm hand-polsstok gebrand, terwyl hulle na die foto van hul geliefde gekyk het. As 'n vorm van kontrole moes die deelnemers elke sportsoort, wat nie met 'n bal gespeel word nie, waaraan hulle kon dink, opnoem – 'n manier om hulle aandag af te trek en wat ook die polsstok geaktiveer het.

Die bevindings

" 'n Aangename verrassing was die feit dat beide liefde en afleiding die pyn met presies dieselfde hoeveelheid verminder het, wat goed gewerk het, omdat dit ons in staat gestel het om die twee direk met mekaar te vergelyk," verduidelik Mackey.

Die vermindering van pyn deur na die foto van die deelnemer se geliefde te kyk, was blykbaar duidelik met daardie spesifieke foto geassosieer – wanneer deelnemers gevra is om na die foto van 'n ewe aantreklike bekende te kyk, het hulle pynvlakke nie gedaal nie.

Funksionele MRB-afbeeldings van die deelnemers se breine het ook getoon dat "die breinstelsels wat by afleiding betrokke is, heeltemal anders is as dié wat met liefde te doen het," sê Mackey. "By afleiding was daar 'n baie hoë vlak van die nuwer kortikol-stelsels, wat by klassieke aandag en afleiding betrokke is."

"By liefde, egter, was die baie primitiewe reptiliese breinstelsels, wat nog altyd by die beloning-stelsels, wat ons basiese dryfvere motiveer, betrokke," sê hy.

Alhoewel die studente in sy studie op die ouderdom was wanneer die liefde dikwels hoog opvlam, glo Mackey dat die resultate by ouer mense waarskynlik min of meer dieselfde sou wees.

Liefde kan chroniese pyn verlig

"Dis nie nodig om 'n voorgraadse universiteitstudent te wees om dolverlief te raak nie," sê hy. "Selfs ouer mense kry dit reg."

'n Mens hoef ook nie in die beginstadium van 'n liefdesverhouding te wees om voordeel te kan trek uit die gerusstellende en strelende effek van liefde nie.

"Dit het my groter waardering gegee vir die feit dat 'n persoon wat in chroniese pyn verkeer, deur middel van 'n liefdevolle verhouding, 'n pynstillende effek mag ervaar," sê Mackey.

Liefde kan egter steeds vir baie mense 'n moeilik-behaalbare mikpunt wees. Dr. Joe Contreras, die voorsitter van pyn en pynstillende sorg by Hackensack University Medical Centre in New Jersey, glo dat afleiding 'n meer toeganklike (maar dikwels geïgnoreerde) pynverligter kan wees.

Die vind van maniere om jou aandag af te trek is "ongelukkig beslis iets wat onderbenut word – myns insiens omdat ons (mediese) stelsels dit nie aanmoedig nie en versekeringsmaatskappye nie daarvoor betaal nie," sê hy.

Anna Ratka, professor en voorsitter van farmaseutiese wetenskappe by Texas A&M Health Science Center se Irma Lerma Rangel College of Pharmacy in Kingsville, voeg op 'n versigtiger noot die volgende by: "Hierdie is nog ver van bruikbaar (op 'n kliniese vlak). My opinie is dat dit net nog 'n demonstrasie is van die feit dat pyn 'n baie komplekse verskynsel is en dat dit baie afhanklik is van individuele persepsie, en dat verskillende mense dit op 'n verskillende manier ervaar."

(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE