Share

Kyk voor jy laser

Wat om in gedagte te hou voor jy 'n afspraak vir laserbehandeling maak:

  • Lasers kan jou vel beskadig as die mens wat dit gebruik, nie bedrewe of ervare genoeg is nie. Doen dus jou navorsing, gesels met vorige pasiënte en moenie in 'n ding ingepraat word deur slim bemarking nie – veral nie via die internet nie.
  • Dit is die beste as 'n dermatoloog, plastiese chirurg of dokter laserbehandelings aan die gesig uitvoer. 'n Verpleegster of selfs 'n terapeut in 'n goeie salon wat daarin spesialiseer, kan wel haartjies verwyder, maar ideaal gesproke behoort daar 'n dokter in die sentrum te wees ingeval iets verkeerd loop.
  • "Hoewel laser teoreties gesproke veilig is vir swanger vroue, sal ek dit ter wille van die pasiënt se gemoedsrus steeds nie aanbeveel nie," sê Ean.
  •  'n Laser is nie 'n towerstaffie nie en sal nie die verouderingsproses stopsit nie.
  • Laserstrale kan jou oë permanent beskadig. Maak dus seker jy dra die beskermende brilletjie wat verskaf word.
  •  "Moenie bang wees om vrae te vra nie," sê Ean. "En maak seker dat die regte laser vir jou spesifieke probleem gebruik word."
  • Alle lasers kan jou brand of lei tot hipo- of hiperpigmentasie. Mense met donker velle moet veral versigtig wees aangesien hulle meer geneig is om merke op te doen of met pigmentasie te sukkel.
  • Onthou dat die lasers wat in skoonheidsalonne en spa's gebruik word, oppervlakkiger is en nie dieselfde uitwerking as mediese lasers het nie.

 (Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE