Share

Kopluise

Kopluise is 'n algemene kopvelbesmetting onder kinders. Luise beteken nie jy's onhigiënies nie. Kinders dra dit maklik aan mekaar oor deur kamme en hoede te deel. Luise kan nie vlieg of spring nie, maar kruip van een kop na 'n ander.

Die eiers van kopluise (nete) is te sien as klein wit spikkeltjies wat dig teen die kopvel aan die hare vaskleef. Jy sien hulle die maklikste teen die haarlyn in die nek of agter die ore. Die volwasse luise lewe van bloed wat hulle uit die kopvel suig.

Dit kan tot twee maande duur nadat jy besmet geraak het voor die tekens daar is. Die bytplekke lei tot jeukerige blase wat besmet kan raak en die hele kopvel kan aantas.

Die limfknope aan die agterkant van die kop en in die nek vergroot dikwels. Soms word die ooglede ook aangetas. By tieners kan die skaam- en okselhare ook besmet word.

Behandeling: Malathion met 0,4% alkohol is 'n goedkoop, veilige en doeltreffende behandeling.

Dit maak luise en nete dood sonder dat die hare gefynkam moet word om die nete te verwyder. Permethrin is 'n uiters doeltreffende, veilige behandeling vir skabies (sien hieronder) en kopluise.

Wees op die uitkyk: Dié toestand is hoogs aansteeklik. Daarom moet die hele gesin behandel word, nie net die een wat besmet is nie. As jou kinders luise het, moet jy die skool daarvan laat weet.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE