Share

Keer so dat jy weer sinusitus kry

Hoe meer sinusinfeksies jy kry, hoe groter is die kans dat jy later 'n operasie nodig het. Voorkoming is die beste raad.

  • As jy 'n onderliggende allergie en hooikoors het, stel vas wat dit veroorsaak en vermy dit sover moontlik of laat jou met allergie-inspuitings behandel. Betroubare allergietoetse is die velpriktoets, die Rast/Unicap IgE-toets, die CAST-toets en die Patch-toets. Die BEST/Vega-, IgG-, Sci- en ALCAT-toetse is nie op betroubare wetenskaplike inligting gegrond nie, sê die allergiekenner dr. Harris Steinman.
  • Allergie-inspuitings maak jou minder sensitief vir die stof waarvoor jy allergies is. Dié inspuitings moet 36 maande lank geneem word en begin ná ses tot 24 maande werk. Jy moet egter steeds probeer om die allergieoorsaak waar moontlik te vermy.
  • Behandel verkoue so gou moontlik. 'n Verstopte neus is die begin van al jou probleme. Lug gaan twee keer vinniger tot in die sinusse as jy deur jou neus asemhaal as deur jou mond. Neusasemhaling verminder ook die kans dat bakterieë in jou neus groei.
  • Blaas jou neus saggies en moenie een neusgat toedruk en hard blaas nie, want jy kan die slymvlies beseer.
  • Hou op rook.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE