Share

Kankerbehandeling

Kanker

Beskerm jou vrugbaarheid teen bestraling en chemoterapie

  1. As jy ’n man is en bestraling of chemoterapie moet ondergaan wat jou vrugbaarheid kan aantas, kan jy jou spermselle vooraf laat vries. Gesels met jou dokter oor jou opsies.
  2. Vroue wat kankerbehandeling moet ondergaan, kan vooraf eierselletjies en binnekort ook eierstokweefsel laat vries. Die eerste babas van ma’s wat hul eierselletjies laat vries het, is onlangs in Suid-Afrika gebore.
  3. ’n Egpaar kan ook voor kankerbehandeling die vrou se eierselletjies in die laboratorium met die man se spermselle laat bevrug en die embrio’s wat so gevorm word, laat vries.

Bonuswenke

  • Ál hoe meer behandelings vir kanker wat skade aan die voortplantingstelsel beperk, word beskikbaar. Gesels met jou dokter hieroor voor die behandeling begin.
  • Jong kankerpasiënte moet soveel inligting moontlik oor hul toekomstige vrugbaarheid inwin voor hul behandeling begin.

(Huisgenootwenke)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE