Share

Kaalvoet in die stad

Dit is lekker om die gras onder jou voete en die sand op die stand tussen jou tone te voel. Voorstaanders van kaalvoetloop argumenteer dat ons nie so vol fiemies moet wees nie en baie meer kaalvoet moet loop. Erkende gesondheidsvoordele sluit die verligting van rug- en gewrigspyn in, asook die ontwikkeling van sterker en meer buigsame voete.

Ons by Health24 is nie so seker nie. Aangespoor deur die hordes toeriste van die binneland wat deur die ontspanne kultuur van ons kusdorpe en -stede meegevoer raak, het ons ondersoek ingestel oor of dit werklik 'n goeie idee is om dwarsdeur die jaar in die voorstede en die middestad kaalvoet  te loop. Ons gevolgtrekking is... lees gerus verder.

Vullis

Net omdat dit natuurlik is om kaalvoet te loop, beteken dit nie dat die oppervlakke waarop ons loop natuurlik is nie. Anders as in die natuur, is ons strate smerig: net 'n wandeling om die blok is genoeg om jou voetsole met 'n taai laag te bedek wat bestaan uit olie, chemiese stowwe afkomstig van lugbesoedeling, menslike speeksel – wat TB, een van die wêreld se dodelikste siektes, kan oordra, spore van menslike en dierlike feses en 'n hele klomp ander dinge waarmee jy liewer geen direkte kontak wil hê nie.

Skerp voorwerpe

Hier is geen verduideliking nodig nie. Almal ken die skerp pyn wanneer 'n mens op iets trap wat jou voet binnedring. 

  • In enige stad is daar stukkende glas in die parke en op die strande, en selfs meer in die strate en op die sypaadjies. Selfs die kleinste stukkie glas kan 'n wond veroorsaak wat tot infeksie kan lei as 'n mens nie oppas nie.
  • Spykers, drukspykers, naalde en stukkies yster is die geswore vyand van kaal voete. Bo en behalwe die pyn kan dit nare littekens veroorsaak. Naalde en gebruikte spuitnaalde kan infeksies versprei – en moenie van al die nare virusse vergeet nie.  
  • Daar is min dinge wat so irriterend is soos 'n splinter of doring. Dis miskien nie die seerste nie, maar dit is dikwels baie moeilik om die puntjie te verwyder, en dit word selfs moeiliker as infeksie die area laat rooi word en opswel.
  • In die stad is daar nie so baie rotse soos op die platteland nie, maar daar is oral los teëls, afgebreekte sementstukke en skerp hoeke.

Hitte

Suid-Afrika, die somer en teer is 'n skrikwekkende kombinasie vir jou voete. Om op die strand van handdoek tot handdoek te spring, is baie makliker as om in die stad van die een skadukol na die volgende een te nael. As jy weer kyk, is jou voete gaar gebrand en vol blase.

Siektes

  • Diabete moet nooit sonder skoene buitentoe gaan nie. Diabetes kan veroorsaak dat die voetsole ongevoelig raak, wat beteken dat daar geen gewaarwording van pyn is nie. Dit kan tot allerhande aaklige dinge soos gangreen en voetswere lei. Diabetes affekteer ook bloedtoevoer, wat veroorsaak dat beserings langer vat om te herstel.   
  • Alhoewel dit baie onwaarskynlik is, is dit moontlik om met MIV besmet te word as jy op 'n naald trap wat onlangs besmet is. 
  • Gangreen is 'n bakteriële besmetting wat veroorsaak dat die lewende weefsel om 'n wond sterf. Dit gebeur wanneer 'n diep sny besmet raak en daar niks aan gedoen word nie. Die oplossing is radikaal: die betrokke area moet geamputeer word om te keer dat die gangreen versprei.
  • Voetswere is uiters pynlik en dit mag jare duur voor dit gesond raak. Voetswere word veroorsaak wanneer daar infeksie, 'n voetbesering of 'n tekort aan bloedtoevoer na die been of voet is. 

Stap veilig. Dra maar liewer jou skoene.

(Kyle Boshoff, Health24, Desember 2010)

Lees verder:
Ken jou voet-tipe
Voete 101

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE