Share

Jou 'veilige' plekkie in die son

Bekendes en sportsterre bring ure in die son deur – en net soveel tyd in die kollig waar hulle op hul beste moet lyk. Dr Mohamed Docrat, 'n dermatoloog van Kaapstad, bekyk drie plaaslike bekendes se sonbeskermingstrategieë.
Deur SYLVIE HURFORD

ROXY LOUW
Model en professionele branderplankryer

Sonstrategie My bevogtiger en onderlaag bevat SBF 15. As ek op die strand is, gebruik ek 'n faktor 30-sonskermroom op my gesig. Wanneer ek in die branders is, bedek my duikpak gewoonlik die res van my lyf, maar as ek in warmer water branderplank ry, gebruik ek nie sonskerm nie omdat dit my laat gly.

Veiligheidstappe Ek dra 'n hoed, voorkom ontwatering deur baie water te drink en gebruik Elizabeth Arden SBF 15-lipbalsem wat nie afwas nie. Om my hare en vel te beskerm, gebruik ek die goeie ou staatmaker – haaropknapper gemeng met sonskerm, en natuurlik hande vol sonbeskermingsroom.

Vel-verlede My pa is ook 'n branderplankryer en toe ek klein was, het hy ook aan rubberbootresies deelgeneem. Ek het dus die meeste van die tyd in die son gesit en bak, al het my ma my van babatyd af omtrent van kop tot tone met sonskermmiddels gesmeer. My gesin is deesdae baie meer bewus van sonskade. En hoewel ek nog nooit 'n velskandering of moesie-kartering ondergaan het nie, het al die waarskuwings in die media wel gemaak dat ek nou meer sonskerm gebruik.

Mohamed se komentaar
Roxy is wel sonbewus, maar skiet nogtans ver tekort omdat sy nie sonskerm gebruik wanneer sy sonder 'n duikpak in die water is nie. Sonskermmiddels wat aangespuit kan word, werk baie goed en sal sorg dat sy nie op haar branderplank gly nie. Dis nie 'n goeie plan om sonskerm met opknapper te meng nie, want dit maak dit minder doeltreffend en dit sal nie werk nie.

Vir alledaagse gebruik moet Roxy 'n sterker sonbeskermingsfaktor soos SBF 30 inspan, asook beskermers soos sonbrille, hoede en ander bedekkings. Die feit dat sy op die strand "gebak" het as kind, laat haar veiligheidstelling aansienlik daal.

Roxy se sonveiligheidstelling is 5/10

DALE STEYN
SA krieketspeler

Sonstrategie Ek gebruik elke dag ’n SBF 15-bevogtiger, gewoonlik van Nivea of The Body Shop. Maar wanneer ek op die krieketveld is, gebruik ek Johnson & Johnson for Babies SBF 40 vir my gesig en nek, en 'n SBF 30-sproei op my arms. Ek vergeet gewoonlik om iets aan te smeer wanneer ek net gewoonweg in die son ontspan, maar dan het ek darem nog die SBF 15 aan my gesig.

Veiligheidstappe Ek dra 'n breërandhoed en 'n langmouhemp wanneer ek visvang.

Vel-verlede Ek het eers sonbeskerming begin gebruik toe ek meer tyd op die krieketveld begin deurbring het. Voor die tyd was ek nie eintlik bewus van sonskade nie, maar noudat ek meer aan die son blootgestel word, is ek meer bewus van wat kan verkeerd loop.

Mohamed se kommentaar
Dale voldoen nie aan enige sonveiligheidsmaatreëls nie. Die feit dat hy tot tien uur op 'n slag op die krieketveld deurbring en sy hoed en sonbril moet afhaal as hy boul, verhoog sy risiko. Hy moet 'n faktor van minstens 30 gebruik en dit gereeld aanwend – veral as hy krieket speel.

Hy moet ook onthou dat die son net so gevaarlik is as hy in die buitelug ontspan as wanneer hy op die krieketveld is. Behalwe om sy sonbeskermingsroetine te verskerp, is dit ook belangrik dat hy sy lippe en oë met SBF-balsems en 'n sonbril beskerm.

Dale se sonveiligheidstelling 6/10

VANESSA MARAWA
Model en die eerste wenner van Survivor South Africa

Sonstrategie In die winter hou ek nogal daarvan om in die son te wees, maar in die somer bly ek uit die son of soek ek skuiling onder 'n sonsambreel. Ek moet erken dat ek nie sonbeskerming gebruik nie tensy ek weet dat ek vir 'n lang tyd in die son gaan wees.

My gesig is egter 'n ander storie – my bevogtiger bevat 'n SBF 15 en ek hou altyd 'n SBF 30-sproei byderhand vir daardie onverwagse sonnige oomblikke. Ek is ook 'n ywerige tuinier en blink gewoonlik van al die sonskerm wat ek aangesmeer het.

Veiligheidstappe

Tydens Survivor moes ons die uitdagings in die son aanpak – en baie daarvan het ure geduur. Dit was rof, maar onthou, dit was wel Survivor. Ek het dwarsdeur die maand 'n pet gedra, maar dit was buite die kwessie om my lyf te bedek – dit was omtrent warm.

Vel-verlede My ma glo in sonskermmiddels. Al sou ek net vir 'n rukkie buitentoe gaan, sou sy altyd vra of ek onthou het om sonskerm aan te wend. Toe ek jonger was, het my vriende altyd ure lank in die son gelê om bruin te brand. Nou is ons almal baie versigtiger.

In my familie is ons geneig om moesies te kry. Ek het 'n paar op my gesig, maar was nog nooit vir 'n moesie-kartering nie. Ek het ook nog nooit rede gehad om oor kanker bekommerd te wees nie, maar ek dink ek sal binnekort vir 'n velondersoek gaan.

Mohamed se kommentaar
Vanessa is die sonslimste van die drie bekendes. Sy moet egter onthou dat om net sonskerm in "noodgevalle" aan te wend nie genoeg is nie – dit moet dertig minute voor sonblootstelling aangewend word.

Sy moet ook onthou dat faktor 30 die minimum is wat vereis word, dus is 'n faktor 15-bevogtiger nie die beste nie. Die feit dat sy die son in die winter opsoek laat gevaarligte flikker, maar ons bly wel in 'n sonskynland en moet dit geniet – solank ons veiligheid en matigheid voor oë hou.

Vanessa se sonveiligheidstelling 7/10

 

Lees meer:

Moenie die moesies mis nie

Vind jou blootstellingsbalans

Sonskade

Skrikwekkende sonfeite

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE