Share

Is my verkoue nog aansteeklik?

Deur Ella Brooks vir Sniffle Solutions

Jy sit nou al weke lank by die huis met griep. Die ergste is verby, maar jy snuif en hoes nog en jou lyf is seer. Hoe weet jy of jy nog aansteeklik is?

Lees die onderstaande om uit te vind op watter stadiums van die mees algemene siektes, wat gedurende die verkoue- en griepseisoen toeslaan, jy waarskynlik die aansteeklikste is.

Die gewone verkoue

Jy is aansteeklik: vanaf die dag vóór jou eerste simptome tot agt dae daarna
Die gewone verkoue word veroorsaak deur meer as 200 verskillende virusse wat in die lug rond sweef en op algemene oppervlakke skuil. Jy kan aansteeklik wees selfs voordat verklap-simptome soos nies, 'n toe- of loopneus, seer keel en hoes hulle kop uitsteek. Dit beteken dat super higiëne 24/7 van kardinale belang is, nie net wanneer jy olik voel nie. En onthou, 'n verkoue moet maar sy gang gaan; daar is geen manier om hierdie algemene lugweginfeksie te stuit nie.

Seisoenale griep of H1N1

Jy is aansteeklik: vanaf die dag vóór jou eerste simptome tot sewe dae daarna
Altwee tipes griep word versprei deur nies- en hoesdruppeltjies. "Jy is gedurende die eerste drie dae van die siekte op jou aansteeklikste omdat jy gedurende daardie tyd die meeste neus-afskeidings produseer," sê Linda Meloy, M.D., 'n professor in die afdeling van algemene pediatrie by die Virginia Commonwealth University Children's Medical Centre in Richmond, Virginia. Hierdie periode val ook gewoonlik saam met die hoogste koorsvlakke. Antivirale medikasie mag die tydperk van aansteeklikheid verkort, so gaan sien jou dokter sodra die eerste tekens van koors, hoofpyn, spierpyn, moegheid, 'n loopneus of seer keel verskyn.

Strep keel

Jy is aansteeklik: vanaf die dag wanneer die eerste simptome verskyn tot 24 uur ná jy begin het om antibiotika te neem
Die strep bakterie is die sondebok wat vir die klassieke simptome verantwoordelik is: skielike seer keel, pyn wanneer jy sluk, koors bo 38.3 grade Celsius, opgeswelde mangels, opgeswelde limfkliere en wit of geel kolletjies agter in die keel. Anders as wanneer jy 'n verkoue of griep het, het jy antibiotika nodig om gesond te word – dus is dit belangrik dat jy na jou dokter toe gaan vir 'n strep toets en 'n behandelingsroetine wat voorgeskrewe antibiotika insluit. Alhoewel jy gewoonlik na 'n volle dag se medikasie nie meer aansteeklik is nie, is dit belangrik om die hele kursus te voltooi om die infeksie heeltemal uit te skakel.

Brongitis

Jy is aansteeklik: vanaf die dag wanneer die eerste simptome verskyn tot 7 dae daarna
'n Virus is gewoonlik verantwoordelik vir hierdie inflammasie van die brongiale buise, en dit duur 'n week voor die infeksie jou liggaam verlaat. Sleutelsimptome sluit in 'n hoes wat slym produseer, 'n gehyg, laegraadse koors en benoudheid op die bors. Partykeer word brongitis deur bakterieë veroorsaak (jou dokter kan dit vasstel) en antibiotika is nodig om dit te genees.

Longontsteking

Jy is aansteeklik: vanaf jou eerste simptome tot 24 uur nadat jy begin het om antibiotika te neem
Hierdie longinfeksie word meestal deur die pneumococcus-bakterie veroorsaak, en jy sal nie herstel tensy dit met antibiotika behandel word nie. Die mees algemene simptome is hoes, koors, rillings, 'n gehyg en kortasem. In uitsonderlike gevalle word longontsteking egter deur 'n virus veroorsaak en dus sal medikasie nie die infeksie uitwis nie (en dit sal omtrent 'n week duur tot jy nie meer aansteeklik is nie).

Allergieë

Jy is aansteeklik: nooit
Baie hooikoorssimptome soos nies, 'n toe neus, hoofpyn en 'n gehyg boots die simptome van die gewone verkoue na. Jy kan egter nie allergieë versprei of by iemand kry nie omdat dit nie aansteeklike siektes is nie, sê Charles Ericsson, M.D., hoof van kliniese aansteeklike siektes by die University of Texas Medical School in Houston. So, hoekom kry jy en jou metgesel op dieselfde tyd hooikoors? Miskien omdat julle aan dieselfde omgewingssnellers soos stuifmeel, skimmel en stof blootgestel is.

(Health24, Oktober 2010)

Lees verder:
Verkoue en griep

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE