Share

Is dit sinusitis of verkoue?

Hoe weet jy of jy sinusitus het en nie net verkoue nie?

  • 'n Eenvoudige toets is om vooroor te buig en as jy drukking of pyn agter jou oë voel, is dit moontlik dat van die sinusholtes verstop is.
  • Algemene gesigpyn, veral wanneer jy aan jou wange, langs jou neusbrug en bo jou oë druk, is 'n verdere teken.
  • Wees ook bedag op 'n hoofpyn wat nie beter word nie, selfs nadat jy parasetamol, aspirien, ibuprofeen of 'n ontstuwingsmiddel gebruik het.
  • Verdere simptome is 'n geswelde gesig, geel of groen slym in jou neus en keel, voortdurende koors, tandpyn en moegheid omdat jou slaap versteur word deur gebrekkige asemhaling.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE