- Kry jy meer as drie keer per week hoofpyn?
- Beïnvloed hoofpyn jou daaglikse lewenstyl?
- Is jou hoofpyn so erg dat jy elke dag pynstillers drink, en 'n hoër dosis as wat aanbeveel word?
- Maak jou hoofpyn jou kortasem, duiselig, lomerig of deurmekaar?
As jy op sommige van die vrae hierbo ja geantwoord het, kan jy 'n migraine-lyer wees. Praat met jou dokter en vra meer inligting.
(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)