Share

Hoe skoon is jou mond?

Swak mondhigiëne word met hartsiekte, en pre-termyn, lae-gewig babas geassosieer – maar min van ons is bewus van hierdie risiko's.

Die meeste van ons borsel ons tande ten minste twee keer 'n dag en, as ons nie te moeg is nie, flos ons en gebruik 'n mondspoelmiddel. Ons besoek ook min of meer elke twee jaar 'n tandarts, en glo dit is, wat tandesorg betref, heeltemal genoeg moeite.

Maar tot 40% van volwassenes dwarsoor die wêreld ly aan 'n mate van tandvleissiekte – en daar is ernstige siektes wat deesdae met tandvleissiektes geassosieer word, insluitende hartsiekte, beroerte, onbeheerde diabetes, pre-termyn geboorte en respiratoriese siekte.

Wat is tandvleissiekte?

Wanneer plaak en tartar nie ordentlik tussen ons tande verwyder word nie, raak die tandvleise opgeswel en begin bloei, 'n toestand wat as gingivitis bekendstaan. As dit onbehandel bly, kan periodontitis ontwikkel. Tandvleise trek weg van die tande en inflammasie verskyn onder die tandvleis-lyn. Die bene, tandvleise en konnektiewe weefsel wat die tande ondersteun, word sonder behoorlike sorg aangetas en tandverlies mag voorkom. Die bakterieë wat deur tandvleissiekte veroorsaak word, kan ook in ons bloedbaan beland en ons risiko vir ander ernstige siektes soos hartsiekte verhoog.

"Tandvleissiekte is nie seer nie en die meeste mense besef nie daar's 'n probleem voor dit te laat is nie," sê periodontis Dr Howard Gluckman. "Die aggressiewer soort tandvleissiekte word gewoonlik by jonger mense aangetref; en die meer chroniese soort by ouer mense, maar ouderdom is op sigself nie 'n faktor nie."

Daar is 'n hele klomp faktore betrokke, insluitende genetiese vatbaarheid, spesifieke bakterieë wat in die tandvleis teenwoordig is, die omgewing, rook, diabetes en so voorts," sê Gluckman. Daar is ook sterk konneksies tussen stres, vetsugtigheid en tandvleissiekte.

So, hoe weet ek of ek dit het?

Daar is 'n aantal tekens waarvoor 'n mens moet uitkyk, sê Gluckman:

1. Bloeiende tandvleise is 'n belangrike aanduider, alhoewel dit by rokers verbloem kan word namate tandvleisontsteking herstel.

2. Los tande. Die been is gedeeltelik vernietig en die tande kan in hulle holtes rondbeweeg. Los tande kan sonder tandvleissiekte voorkom, maar dit gebeur selde.

3. Tandvleis-resessie. Wanneer gedeeltes van die wortels ontbloot word as gevolg van onderliggende beenverlies. Dit kan egter ook deur aggressiewe borsel en ortodontiese behandeling veroorsaak word.

4. Slegte asem. Die graad van slegte asem verskil van persoon tot persoon, en lyers is dikwels nie daarvan bewus nie.

Partykeer is die enigste manier om peridontale siekte vas te stel deur middel van 'n peridontale evaluering. Dit is veral belangrik as jy:

  • Simptome van peridontale siekte het  
  • Hartsiekte, diabetes, respiratoriese siekte of osteoporose het
  • Swangerskap oorweeg
  • 'n Familielid met peridontale siekte het
  • 'n Seerplek of irritasie in jou mond het wat nie binne twee weke gesond word nie

Wat kan ek doen?

Borsel jou tande gereeld en flos, flos en flos. "Flos is baie belangrik, maar nie baie populêr nie, omdat dit 'n las is en redelike handvaardigheid vereis," sê Gluckman. Tandvleissiekte en tandbederf begin meestal tussen die tande wat nie so gereeld skoongemaak word nie. Dit is dikwels makliker om klein borseltjies te gebruik om tussen daardie moeilike tande in te kom.

"Ses-maandelikse besoeke aan die tandarts is baie belangrik om die risiko vir tandvleissiekte en tandbederf te verminder. Pasiënte wat reeds met tandvleissiekte gediagnoseer en daarvoor behandel is, moet elke drie maande 'n opgeleide mond-higiënis besoek om te verseker dat die siekte nie terugkeer nie," sê Gluckman.  - (Augustus 2009)

Vir nog interessante stories van Shape, besoek www.shapemag.co.za

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE