Share

Hoe oud kan ons regtig word?

Om ons kinders die volgende eeu te help haal, fokus wetenskaplikes op die algemeenste simptome van die verouderingsproses. Dié simptome is die gevolge van 'n onbeheerde ontsteking of geaktiveerde swak gene wat deur negatiewe omgewingsfaktore aangeskakel word.
  • Alzheimer se siekte. Japannese wetenskaplikes is besig om 'n entstof hierteen te ontwikkel en voorlopige resultate lyk belowend. Hulle het die entstof op muise getoets en 'n beduidende vermindering van die proteïene wat tot Alzheimer bydra, gevind. Die entstof kan oor vyf tot sewe jaar beskikbaar wees.

  • Geheueverlies. 'n Amerikaanse neurowetenskaplike, prof. Tim Tully, het in vrugtevlieë 'n geen gevind en gemanipuleer wat aan die insekte iets soos 'n fotografiese geheue gee. Dié geen, wat verantwoordelik is vir die omskakeling van nuwe leerstof in langtermyn-herinneringe, kom ook in mense voor. Dit kan die sleutel wees tot 'n nuwe middel wat die mens se geheue kan verbeter. Met oor die veertig maatskappye wat aan farmaseutiese middels vir die verbetering van geheue werk, kan hulle heel moontlik binne die volgende paar jaar op die mark verskyn.

  • Hoë cholesterol. Die huidige topmiddels in die stryd teen hoë cholesterol is statiene soos Lipitor, wat die vermoë van die lewer om LDL of "slegte" cholesterol te vervaardig, onderdruk. Maar meer doeltreffende middels wat CETP-inhibeerders genoem word, sal binnekort beskikbaar wees. Dié medisyne sal help om die vervaardiging van die proteïen wat HDL of "goeie" cholesterol in LDL verander, te verhinder en so gevaarlike LDL-vlakke verlaag en hartsiektes voorkom.

  • Artritis. Nuwe biologiese middels mik om die ontstekingsreaksie stop te sit voor dit die gewrigte kan beskadig. Hierdie middels word tans net ingespuit, maar kan binne die volgende twee tot drie jaar in tabletvorm beskikbaar wees. Die resultate wat deur dié biologiese middels behaal word, word as verbluffend bestempel.

  • Hartsiekte en beroerte. Ál meer nuwe medisyne is daarop gerig om die onderliggende ontsteking in die bloedvate te verminder, want die huidige opvatting is dat inflammasie skade aan die bloedvate veroorsaak wat cholesterolplaak die geleentheid gee om op te bou. Rook en transvetsure is van die hoofoorsake van ontsteking in die bloedvate.

  • Osteoporose. Navorsers by die Universiteit van Michigan het 'n geen ontdek wat sowaar beengroei stimuleer. 'n Ander span van die VSA by Nashville se Vanderbilt-universiteit is tans besig met toetse op mense ten einde 'n gevorderde nuwe tegniek te ontwikkel wat nuwe beenselle oorplant waar hulle ook al nodig mag wees.

Die bron van ewige jeug
Wetenskaplikes het met dié goedkoop maniere om uit die bron van ewige jeug te drink, vorendag gekom …

  • Kry daardie strop om die nek.
  • Navorsing aan die Universiteit van Chicago het bevind dat om getroud te wees werklik kan help om op te maak vir chroniese siektes. Die studie het getoon dat getroude mans met 'n hartsiekte gemiddeld vier jaar langer leef as ongetroude mans met 'n gesonde hart.
  • Leef 'n bietjie.
  • Daar is geen konkrete bewys dat 'n skoot adrenalien 'n mens se lewe verleng nie, maar mense van alle ouderdomme sal saamstem dat 'n gereelde sarsie opwinding help om die lewe langer te laat vóél. Dis asof onvergeetlike ervarings die tyd stadiger laat verbygaan.
  • Kies donkersjokolade.
  • Dit bevat flavonoïede, daardie samestellings wat blykbaar bloeddruk en selfs jou kanse om 'n beroerte te kry verlaag. Deskundiges dink ook dat flavonoïede die liggaam se produksie van stikstofoksied verhoog, iets wat bloedvate verwyd, slagare laat ontspan en die bloedsomloop bevorder.

(Hierdie is 'n uittreksel uit 'n artikel deur ROB WHITAKER wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

Lees meer: Sal hy 2100 haal?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE