Share

Hoe om te skenk

As jy as moontlike skenker op die SA Beenmurgregister wil registreer, laat trek jy 'n bloedmonster by 'n skenkerwerwingskliniek. Die monster word dan ontleed en op die nasionale databasis geplaas.

Die toets kos tussen R300 en R1 000, maar as jy dit nie kan bekostig nie, word jy op 'n waglys geplaas. Elke twee weke word die waglys vergelyk met geld wat die Sunflower Fund beskikbaar het en jy sal uiteindelik teruggeroep word om die toets gratis te laat doen.

Die SA Beenmurgregister behoort tot die organisasie Bone Marrow Donors Worldwide, wat beteken dokters

kan gepaste beenmurgskenkers oor die wêreld heen soek.

As jy 'n skenker wil word, bel die Sunflower Fund by 0800-12-10-82 of gaan na www.sunflowerfund.org.za.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE